Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pearl Oyster Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Periwinkle-straat 6, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Pearl Oyster Guesthouse is in die stil en rustige deel van St. Francisbaai geleë, nie ver van die hawe van Port St Francis af nie.

Dié gastehuis bied gerieflike verblyf in 4 slaapkamers op die eerste vloer. Elke gastekamer het 'n en suite-badkamer en 'n koffiestasie, yskassie, TV, verwarmer en 'n waaier. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuisie wat toegerus is om voorafgekoopte kos te verhit. Dit het nie selfsorggeriewe nie. Slegs 'n mikrogolfoond, broodrooster en 'n paar basiese toebehore soos 'n broodplank, broodmes, blikoopmaker ens. word voorsien. Daar is 'n gemeenskaplike buitebraai-area.

Diegene wat langer bly se linne en badhanddoeke word elke vyfde dag omgeruil, maar kan meer gereeld omgeruil word indien nodig. Badhanddoeke word gereeld vervang. Swemhanddoeke word nie voorsien nie en gaste mag nie die badhanddoeke vir dit gebruik nie. Geen linne, komberse of handdoeke ens. mag uit die kamers verwyder word nie.

Veilige parkeerplek is op die perseel vir gaste beskikbaar. Net 1 voertuig word per kamer toegelaat indien al die kamers bespreek is, en waentjies word as voertuie gesien. Die instansie het sekuriteitkameras en toegang tot die eiendom is deur 'n hek wat met afstandbeheer werk.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Willem S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik in St Francis gekuier. Baie lekker gebly. Skoon en vars. Dankie vir ons opgradering teen geen ekstra kostes na 'n see uitsig kamer op die balk...
Sien meer
Mei 2024
Ron E
Saam met lewensmaat
5.0
A delightful location in Cape St Francis. A delightful room with a balcony and a view. It had all the comforts of home. The only downsi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Ernst W
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese kliëntediens en perfek geleë. Baie dankie aan Owen en Babie vir die hartlike ontvangs al het ons heelwat later gearriveer as oorspronklik ...
Sien meer
Jun 2023
Cathy M
Besigheidsreis
5.0
Het baie lekker gebly! Sien sterre.
Apr 2023
Linda V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gerieflik, skoon en netjies. Gasvrou het ons baie welkom laat voel. Sal definitief weer van die Pearl Oyster verblyf gebruik.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Owen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Periwinkle-straat 6, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Gaste dink Pearl Oyster Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Periwinkle-straat 6, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAhKMMLTfrECo3RcFZxt9c4Gx0FvcgaCwmmXxoj3SnGHURnLbtyC?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 23 5 1 5 6 Periwinkle Street St Francis Bay 6312 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.185290969112 24.847349690807

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang