Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pebbles

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandloperstraat 34, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Pebbles is 'n selfsorghuis wat in die bekoorlike vissersdorpie Paternoster geleë is. Die beroemde Voorstrand Restaurant in Strandloperstraat, is net oorkant die pad geleë, en dit bied asemrowende uitsigte oor die see.

Die tweeslaapkamerhuis het slaapplek vir 4 mense, en albei kamers is ingerig met 'n en suite-badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Kraakvars, wit linne word voorsien.

Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, en skottelgoedwasser. Daar is ook 'n eetkamertafel met 4 stoele. Die oopplan-leefarea het 'n gemaklike L-vormige rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. WiFi is ook beskikbaar. Die huis spog met 'n binnenshuise braaikamer met ingeboude braaigeriewe.

Paternoster is ongeveer 150 km noord van Kaapstad op die R27 geleë en 15 km noordwes van Vredenburg. Dit is 'n gewilde wegbreekbestemming onder Kapenaars. Die Weskus is welbekend vir sy groot verskeidenheid endemiese spesies, so dis veral 'n wenner vir diegene wat in veldblomme belangstel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Greta W
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik en verwagtinge oortref! Ons het heerlik uitgerus in die netjiese en goed toegeruste huis. Die uitsig is iets besonders!
Jun 2024
Sheila E
Saam met vriende
5.0
Wonderful. Very relaxing. However, the heater in the main bedroom is still cracked. This is our third visit in 12 months.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Albie R
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was presies wat ons verwag het. Met Pebbles se perfekte ligging en toegang tot die strand, was dit presies wat ons verwag het. Die ontvangs en die...
Sien meer
Apr 2023
Sheila E
Saam met vriende
5.0
Ideal location to Meander on the beach and walk through the village. Amazing West coast experience in a very well-appointed accommodati...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2023
Candice F
Gesin met klein kinders
4.8
Great location, lovely spacious house, well priced and really over delivered! Pebbles was an absolute delight. Spacious, had all the am...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Sanet Geverifieer

Eiendomme 62

Resensies 849

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Strandloperstraat 34, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pebbles het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandloperstraat 34, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2f1186c373c6f094ae11596ea983d586f0791c4f1cd61680045e04e2c52262580432882de918e1f102a4e9e29f69758954cb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag (plek vir 4) 22 5 1 5 5 Strandloper Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.8081 17.89335

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang