Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pecan Farm Guesthouse

Gastehuis
Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 11 Feb 2025 tot 1 Apr 2025.

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sterkstroom Plaas, Piesanghoekpad, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
  • Vanaf R1 090 R872 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Pecan Farm Guesthouse is op 'n vreedsame plaas in 'n lowerryke vallei tussen die Soutpansberge se voorheuwels.

Daar is 4 en suite-slaapkamers met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, 3 en suite-kamers met koningingrootte-beddens en 2 kamers met dubbelbeddens. Al die kamers het glasskuifdeure na die tuin. Geriewe sluit lugversorging, TV's met DStv, yskassies met voorraad, koffie, tee, internasionale kragproppe, radiowekkers en haardroërs in. Elke badkamer het 'n bad en stort. Handdoeke en toiletware word voorsien.

Gemeenskaplike geriewe op die perseel sluit 'n eetkamer vir 22 gaste in waar heerlike etes bedien kan word indien vooraf gereël. Daar is ook 'n ruim sitarea met plek vir 18 gaste. Ons studeerarea het 'n versameling boeke en alle nodige kommunikasiegeriewe soos internet.

'n Ruim braai- en kuierarea is langs die swembad beskikbaar. Was- en strykdienste kan teen ekstra koste gelewer word en daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Pecan Farm Guesthouse is in 'n lowerryke tuin met skadubome waar Samango-apies kom baljaar. Die berglug is lekker vars en kroonarende word dikwels gesien. Snags sal die bosuil jou aan die slaap sus.

Ons is naby Vendaland wat ook die Land van Legendes heet, asook naby die Noordelike Bosveldstreek, die Krugerwildtuin, voetslaanpaaie in Venda en rondom Louis Trichardt, en meeste van die sakesentrums in die noordelike Limpopo-provinsie.

Doendinge op die plaas sluit voetslaan, bergfietsry op ongemerkte paaie, voëlkyk, swem en trampolien in. Louis Trichardt bied sportgeriewe en Satour bied begeleide toere. Daar is verskeie argeologiese en geskiedkundige terreine om te besoek in die omtrek. Die Vendas en Tsongas maak pragtige beeldhouwerk, potte en kleurvolle kunswerke. Van die groepe spesialiseer ook in tradisionele danse.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Rassie B
Besigheidsreis
5.0
Baie netjies met besonderse uitsigte en natuurlewe. Puik gastehuis met kos uit die boonste rakke. Die staproete deur die plaas is 'n absolute bonus en...
Sien meer
Okt 2024
Morne O
Besigheidsreis
5.0
Sal volgende keer weer daar bly. Ons ontvangs was so warm en hartlik gewees. Die kos was baie lekker gewees. Daar is 'n baie mooi uitsig ook.
Apr 2024
Andre T
Saam met vriende
5.0
Waarde vir jou geld. Bryn is 'n uitstekende gasheer en verstaan kliente se behoeftes. Pragtige omgewing; luukse verblyf met 'n eg, huislike atmosfeer....
Sien meer
Feb 2024
Brad S
Besigheidsreis
4.8
Great stay. Great stay, well received on arrival and a very comfortable room.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Bennie Van Zyl V
Besigheidsreis
4.2
Dis 'n verfrissende ontsnapping met die perfekte balans van gerief en natuurskoon. Gaste kan ontspan in die skilderagtige tuin, waar die rustige omgew...
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Mine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Sterkstroom Plaas, Piesanghoekpad, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
  • Gaste dink Pecan Farm Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 090
R 1 090 R 872
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 090
R 1 090 R 872
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sterkstroom Plaas, Piesanghoekpad, Louis Trichardt, 0920, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5b546a084b6b0220812450b755f9dd0805eeba9fd0fcd56af0f7a5017e596003aef53576376022416b76b83ab6b215d079de?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 090 nouVanaf R872 per nag, vir 2 mense 14 5 1 5 Sterkstroom Farm Piesanghoek Road 0920 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -23.053286111111 30.090611111111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang