Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pecan Hut

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R539, Sudwalaaskraal, 30 km vanaf Nelspruit, 1207, Mpumalanga
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Pecan Hut bied verblyf in 2 knus klipkothuise op die oewer van die Houtboslooprivier en dis die ideale opsie vir 'n romantiese wegbreek. Die verblyf is stapafstand vanaf die Sudwala-grotte en die Mankele-kampeerterrein.

Elke kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die ruim slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die leefarea het 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatgasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuisie lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel waar gaste met 'n boek kan ontspan.

Buite is 'n onderdakstoep met sitplek en 'n ingeboude braai wat dit die ideale plek vir 'n skemerkelkie maak. Gaste kan ook op die perseel voëlkyk, voetslaan en op eie risiko in die rivier swem.

Besienswaardighede in die omgewing wat gaste kan besoek sluit die Sudwala Lodge en -grotte en Mankele-kampeerterrein in, asook adrenalienaktiwiteite soos fietsry en bergfietsry. Die kothuis is 80 km vanaf die Krugerwildtuin en 30 km vanaf Sabie en Nelspruit.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Alisha W
Saam met lewensmaat
5.0
Waardevol vir geld. Baie rustig. Wow wow. Wat 'n pragtige plek. Sal hulle vir seker aanbeveel.
Okt 2024
Elsa F
Saam met lewensmaat
5.0
Puik verblyf! Hoog aanbeveel. Die verblyf was ongelooflik! Ek en my man het dit vreeslik geniet. Die ligging het ons verwagtinge oortref. Die voëllewe...
Sien meer
Sep 2024
Juliana P
Saam met vriende
5.0
The hut had all the amenities needed and is located a few steps from the river. A very pleasant stay, the owners were flexible and made...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Fritz H
5.0
Baie mooi blyplek in mooi omgewing. Die hut is baie mooi voorberei en regtig smaakvol en goed toegerus. Dit sit ook op 'n baie mooi plek. Die twee hut...
Sien meer
Aug 2024
Byron M
Saam met lewensmaat
5.0
Romantic, quiet, private, comfortable. A beautiful, serene, romantic cabin! The perfect romantic getaway. I proposed to my girlfriend h...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Charmaine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • R539, Sudwalaaskraal, 30 km vanaf Nelspruit, 1207, Mpumalanga
  • Gaste dink Pecan Hut het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Schoemanskloof Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R539, Sudwalaaskraal, 30 km vanaf Nelspruit, 1207, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb272d31041ab6347593a6485c25a613440d5ae99745381597f4a07564f91390d886f8ec2bd0c19cb655e9d915212a24e805e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 19 5 1 5 R539 Sudwalaaskraal 1207 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.381716 30.700286

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang