Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Periwinkle Blue

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Merwe-straat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R4 400 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Periwinkle Blue House is 'n 4-slaapkamer, selfsorg-dubbelverdiepinghuis met 'n uitstekende ligging in Clarens. Die huis het onbelemmerde uitsigte op die skilderagtige landskap en die omliggende berge waarvoor hierdie dorpie bekend geword het. Die huis is stapafstand vanaf die middedorp met restaurante en galerye.

Ons gaste word begroet deur 'n tuin wat perfek uitgelê is en in stand gehou word. Elke vlak van die huis het 2 slaapkamers. Die 4 slaapkamers in die huis het elkeen hul eie karakter en atmosfeer. Al die kamers het en suite-badkamers met baddens of storte. Christmas Rose Kamer het 'n stort-oor-bad, Sunflower Kamer het 'n stort, Lavender Kamer het 'n stort, en Lily Kamer het 'n bad. Die kamers is ook toegerus met ondervloerse verhitting vir koue winternagte. Linne en handdoeke word voorsien en die huis word daagliks skoongemaak. Elke kamer het die Gastehuis DStv-pakket met die gewildste kanale.

Die sitkamer is toegerus met 'n gasbraai vir die koue winters in Clarens. Die kombuis is goed toegerus met oorgenoeg messegoed, breekware en kookgerei. Die kamers op die grondvloer lei na 'n stoep al langs die voorkant van die huis met uitsigte op Horeb-berg en die Clarens Gholflandgoed. Daar is ook 'n ruim stoep op die boonste vlak. 'n Braai-area met buitelugmeubels en 'n Weberbraai is ook tot jou beskikking. Die huis word daagliks skoongemaak.

Periwinkle Blue is ideaal geleë, stapafstand van die plein in die middedorp af waar die meeste restaurante en gallerye geleë is. Oorgenoeg parkering van die straat af is beskikbaar agter 'n afstandbeheerde hek.

Die wonderskone berge wat hierdie klein kunstenaarsdorpie omring is nie al waarvoor Clarens bekend is nie. Daar is baie ander doendinge om jou mee besig te hou in- en om hierdie pragtige dorpie: staproetes, rivierbootroei, perdry, vier-by-vier-roetes in die berge, vierwielmotorfietse, inkopies in die dorp, kunsgalerye en uitsoekgeregte in fantastiese restaurante.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 98 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Christoph D
5.0
Kan definitief aanbeveel. Die Periwinkle was perfek vir ons naweekwegbreek. Die ligging is baie gerieflik en is stapafstand van die square met die lek...
Sien meer
Nov 2024
Robert W
Gesin met klein kinders
5.0
Excellent. Felt like home. Really enjoyed the stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Chrisna D
Saam met vriende
5.0
Baie ruim and pragtig gemubileerde huis! Die huis was bo verwagting groot, ontsettend mooi en baie goed toegerus met alles wat jy denkbaar sal benodig...
Sien meer
Aug 2024
Cathrina G
Saam met vriende
5.0
Asemrowend. Baie netjies, loopafstand van restaurante. Alles wat mens nodig het. Asemrowende uitsig en stil. Ek sal enige tyd weer teruggaan. Hoogs aa...
Sien meer
Aug 2024
Chavon A
Saam met lewensmaat
5.0
Aangenaam. Ons het 'n aangename tydjie gehad, en baie lekker gebly.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Gavin Geverifieer

Eiendomme 11

Resensies 683

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Van Der Merwe-straat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Periwinkle Blue het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 400
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 4 400
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Merwe-straat, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY3ODY2YjY3LThkYmEtNDUxOC05YWQwLWNmYmY2YjZmMmM3YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 400 per nag, vir 8 mense 98 5 1 5 Van Der Merwe Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.514288764198 28.423704314179

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang