Periwinkle Blue
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Der Merwe-straat, Clarens, 9707, Vrystaat
- Vanaf R4 400 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Periwinkle Blue House is 'n 4-slaapkamer, selfsorg-dubbelverdiepinghuis met 'n uitstekende ligging in Clarens. Die huis het onbelemmerde uitsigte op die skilderagtige landskap en die omliggende berge waarvoor hierdie dorpie bekend geword het. Die huis is stapafstand vanaf die middedorp met restaurante en galerye.
Ons gaste word begroet deur 'n tuin wat perfek uitgelê is en in stand gehou word. Elke vlak van die huis het 2 slaapkamers. Die 4 slaapkamers in die huis het elkeen hul eie karakter en atmosfeer. Al die kamers het en suite-badkamers met baddens of storte. Christmas Rose Kamer het 'n stort-oor-bad, Sunflower Kamer het 'n stort, Lavender Kamer het 'n stort, en Lily Kamer het 'n bad. Die kamers is ook toegerus met ondervloerse verhitting vir koue winternagte. Linne en handdoeke word voorsien en die huis word daagliks skoongemaak. Elke kamer het die Gastehuis DStv-pakket met die gewildste kanale.
Die sitkamer is toegerus met 'n gasbraai vir die koue winters in Clarens. Die kombuis is goed toegerus met oorgenoeg messegoed, breekware en kookgerei. Die kamers op die grondvloer lei na 'n stoep al langs die voorkant van die huis met uitsigte op Horeb-berg en die Clarens Gholflandgoed. Daar is ook 'n ruim stoep op die boonste vlak. 'n Braai-area met buitelugmeubels en 'n Weberbraai is ook tot jou beskikking. Die huis word daagliks skoongemaak.
Periwinkle Blue is ideaal geleë, stapafstand van die plein in die middedorp af waar die meeste restaurante en gallerye geleë is. Oorgenoeg parkering van die straat af is beskikbaar agter 'n afstandbeheerde hek.
Die wonderskone berge wat hierdie klein kunstenaarsdorpie omring is nie al waarvoor Clarens bekend is nie. Daar is baie ander doendinge om jou mee besig te hou in- en om hierdie pragtige dorpie: staproetes, rivierbootroei, perdry, vier-by-vier-roetes in die berge, vierwielmotorfietse, inkopies in die dorp, kunsgalerye en uitsoekgeregte in fantastiese restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Gavin Geverifieer
Eiendomme 11
Resensies 683
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Van Der Merwe-straat, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Periwinkle Blue het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Der Merwe-straat, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang