Perle unter der Sonne
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 488, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Perle unter Der Sonne bied 2 moderne selfsorg-eenhede, Die Huis en Die Ateljee in die hoofstraat van die Paarl in die Wes-Kaap. Dis ideaal vir vriende en gesinne wat op soek is na gemaklike verblyf naby 'n verskeidenheid doendinge in die Kaapse Wynlande.
Die Huis het 3 slaapkamers, 2 badkamers en is smaakvol versier. Lugversorging is beskikbaar. Die hoofslaapkamer het ’n en suite-badkamer en 'n ekstra groot koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n normale koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede en derde kamers deel 'n badkamer. Die leefarea is oopplan, en die kombuis is volledig toegerus om heerlike maaltyd voor te berei. Daar is ’n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond met ’n stoof, asook ’n skottelgoedwasser en oorgenoeg kaste om eetgerei en breekware in te stoor. Die eettafel het sitplek vir 6 en daar is ’n gerieflike rusbank in die sitarea, asook ’n kaggel en TV met sekere DStv-kanale.
Die Ateljee beskik oor 'n aparte slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, badkamer, en 2 slaapbanke in die leefarea. Daar is lugversorging regdeur die eenheid. Die leefarea het 'n oopplan-uitleg en die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien en ingeboude kaste om breekware en eetgerei te stoor. Die etenstafel het sitplek vir 4 mense en daar is 2 gemaklike rusbanke in die sitkamer, asook 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.
Daar is 'n gedeelde swembadarea, baie sitplek en braaigeriewe.
Ons het ook parkeerplekke vir gewone voertuie. Ons is naby al die besienswaardighede in en om die Kaapse Wynlande en is slegs 40 minute van Kaapstad Internasionale Lughawe af. Rook is verbode. Geen troeteldiere. Geen partytjies.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- DVD-speler
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Sven Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Hoofstraat 488, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Gaste dink Perle unter der Sonne het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 488, Paarl, 7646, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang