Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Peter's Guesthouse

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Peter's Place, Stellenbergweg 790, Equestria, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Vanaf R1 010 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Peter's Guesthouse is 'n 3-ster-gastehuis in 'n veilige kompleks, Peter's Place, in die stil en veilige voorstad Equestria in die ooste van Pretoria. Die gastehuis is maklik bereikbaar vanaf die N1 en N4 (Witbank-hoofweë), wat dit die ideale verblyf-opsie maak vir sake of plesier.

Die gastehuis het 'n totaal van 11 kamers. Elke kamer is ingerig met lugversorging, 'n privaat badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe. Sekere van die kamers het ook 'n privaat ingang en ander het weer dubbeldeure wat lei na die tuin. Hoë spoed WiFi-toegang is beskikbaar aan alle gaste.

Die gastehuis maak grootliks van sonkrag gebruik en word dus nie deur beurtkrag geaffekteer nie.

Gaste kan ontspan in die pragtige tuin of lekker gaan afkoel in die skitterende swembad. Daar is 'n lapa, braaigeriewe en skaduryke parkeerplek beskikbaar vir jou motor.

Peter's Guesthouse is na aan Wilgers Hospitaal, Waltloo Industriële Area, Silverton, Silver Lakes, The Grove Winkelsentrum, Menlyn Park Winkelsentrum en verskeie restaurante.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 79 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Santie S
Gesin met tieners
5.0
Skoon en netjies en 'n heerlike ontbyt. Regtig ontspan daar. Dit is baie veilig, skoon en netjies. Baie tevrede met hul puik diens. Die ontbyt was uit...
Sien meer
Sep 2024
Daleen P
5.0
Lekker en rustig. Baie lekker rustige plek en vriendelike ontvangs. Sal weer daar gaan bly.
Aug 2024
Andre V
5.0
Baie lekker gebly. Ontbyt baie lekker. Personeel vriendelik, kamer netjies.
Aug 2024
Linda V
5.0
Gasvrye mense. Baie veilige gastehuis in 'n kompleks. Vriendelike ontvangs. Netjies. Sal beslis weer daar gaan oorbly.
Jul 2024
Attie M
5.0
Baie netjies en gasvry. Baie lekker gebly, sal dit aanbeveel.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sarieta Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 79

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Peter's Place, Stellenbergweg 790, Equestria, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Gaste dink Peter's Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 010
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 010
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Peter's Place, Stellenbergweg 790, Equestria, Pretoria, 0081, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE1MzUxMDEyLTU5YzEtNGFhNy05YTAzLTY2ODkzODk2ZmZjOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 010 per nag, vir 2 mense 79 5 1 5 Peter's Place 790 Stellenberg Road 0081 Gauteng 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.756114031812 28.336465358734

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang