Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Petit Paradis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Leeukoppie-weg 6, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Petit Paradis is 'n lieflike Frans-Provensaalse kothuis, met klipvloere, hoëbalkplafonne, houtluike en antieke besonderhede vir 'n bekoorlike gevoel. Die kothuis is in 'n privaat inheemse tuin geleë wat uitkyk oor Llandudno-strand. Petit Paradis is op 'n residensiële eiendom geleë waar die eienaars woon, maar gaste het hul eie tuin en is welkom om van die swembad op die perseel gebruik te maak.

Die kothuis beskik oor 'n dubbelslaapkamer met Franse deure wat lei na 'n privaat gruispatio met see- en berguitsigte, en 'n 'ontbyt'-tafel wat deur hoë proteas geskadu word. Die slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed met 'n donsduvet, Franse antieke linne en 'n katoenkwilt. Die badkamer het 'n Victoriaanse rolbad met berg- en tuinuitsigte deur skuifraamvensters, asook 'n stort en donserige wit badhanddoeke.

Die oopplan-kombuisie en -leefarea lei na 'n onderdak 'sundowner'-patio met see-uitsigte. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, 'n konveksie-mikrogolfoond, gasbranders, 'n ketel en broodrooster, en 'n Nespresso-koffiemasjien, asook 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser vir gaste se gerief. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in die sitkamer, asook ondervloerse verhitting en 'n gaskaggel vir koue aande. Daar is 'n kliptafel en -stoele op die patio waar gaste 'n drankie kan geniet terwyl hulle na die sonsondergang kyk.

Die kothuis word omring deur 'n pragtige tuin wat met inheemse plante beplant is, asook 'n verskeidenheid kookkruie wat gaste aangemoedig word om te gebruik. Gaste is welkom om gebruik te maak van die groot swembad en swembad ligstoele wat langs die kothuis geleë is. Strandhanddoeke en 'n strandsambreel word voorsien. Daar is 'n jogaskool langs die pad, en Llandudno-strand is net 500 m weg.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Vicky Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 5

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Leeukoppie-weg 6, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Leeukoppie-weg 6, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA921b0a362cbac0db9df59d208c3c9a0b13d8eac9785d2abcc88826d47bfdb181071966ef1635b34912fa683e1b8601c8f787?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 700 per nag (plek vir 2) 6 Leeukoppie Road Llandudno 7806 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 11:00 -34.010047619401 18.344431000307

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang