Pezula Sunset Villa CM4
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Commodore-singel, Pezula Gholflandgoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Pezula Sunset Villa CM4 is 'n selfsorgvilla in die veilige Pezula Gholflandgoed in Knysna. Die villa is die ideale basis vanwaar hierdie deel van die Tuinroete verken kan word.
Die goed ingerigte eiendom bied slaapplek aan 6 persone en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en oop leefareas. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 3 en suite-badkamers het 'n stort of bad.
Die huis beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis wat die nodige toebehore bevat om maaltye voor te berei en te kook, insluitend 'n opwasarea met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die aangrensende leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8, 'n dubbelsydige kaggel en banke om op te ontspan.
Die leefarea lei na die onderdakstoep met 'n ingeboude braai-area en stoepmeubels wat oor die plonspoel uitkyk. 'n Dubbelmotorhuis is beskikbaar vir 2 motors om in te parkeer.
Gaste het toegang tot die bekroonde 18 putjie-gholfbaan, 'n buiteswembad en klubhuis, en 'n tennisbaan op die landgoed. Daar is ook 'n 5-ster-hotel in die landgoed, wat 'n spa, gimnasium, 'n ouderdomsbeperkte binnenshuise verhitte swembad, 2 restaurante en 'n speelarea vir kinders bied.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 3
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Commodore-singel, Pezula Gholflandgoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink Pezula Sunset Villa CM4 het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Commodore-singel, Pezula Gholflandgoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang