Phezulu
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 74, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 375 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
Phezulu is in Zinkwazi Beach aan KwaZulu-Natal se Noordkus geleë. Dit is goed toegerus, uitstekend geleë en bied maklike toegang tot die strand via die hoofstrandingang.
Die huis beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer het 'n enkelbed en die vierde slaapkamer het 'n stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet. Die vyfde slaapkamer is in die woonstelletjie agter die huis en het 'n privaat ingang, dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n aparte badkamer in die hoofhuis met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Al die slaapkamers het plafonwaaiers, ingeboude kaste en hangers.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n groot yskas-vrieskas, oond, kookplaat, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser en alle nodige eetgerei en breekware toegerus. Wasgoedgeriewe, insluitend 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër is beskikbaar.
Daar is ook 'n onderdakstoep, 'n grasperk vir kinders en braaigeriewe, asook DStv, maar nie WiFi nie. Gaste kan direk tot by die agterdeur ry en daar is nie enige trappe in die huis nie, maar let dat die oprit steil is. Die huis is met heinings, mure, hekke, laserstraalsekuriteit en gewapende reaksie beveilig. Daar is ook 2 toesluitmotorhuise en parkeerplek vir ekstra voertuie. 'n Gasbottel en -stofie en herlaaibare ligte word vir beurtkrag voorsien.
Die huis spog met 'n uitsig oor die voorste grasperk en 'n gedeeltelike see-uitsig vanaf die Jacuzzi.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Kinderstapelbed
Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 41
Resensies 5
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Nkwazi-rylaan 74, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Zinkwazi Beach Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 9 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 74, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang