Phokoje Eco Lodge
- Kapasiteit: 36 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Goedgelegen-plaas, Zeerust, 0000, Noordwes
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Phokoje Eco Lodge bied ruim en gerieflike selfsorg-bosveldverblyf op 'n plaas tussen Zeerust en Groot Marico. Of gaste nou saam met familie, vriende of kollegas wil ontspan, hierdie boslodge is die perfekte wegbreek in die natuur.
Verblyf in grootplaas huis of in toegeruste tente. Die huis bevat 3 kamers - Kamer 1: 1 dubbelbed en 2 enkel beddens, Kamer 2: 2 dubbelbeddens, Kamer 3: 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens, ook eie badkamers.
Daar is 3 kleiner tente elke tent het n dubbelbed, dan is daar 3 groot tente elke tent het n dubbelbed en dan n bank vir 2 klein kinders.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis in die hoofplaashuis wat met al die nodige selfsorggeriewe toegerus is. Aktiwiteite en geriewe op die perseel sluit tafeltennis, snoeker, veerpyltjies, 'n groot swembad, 'n Jacuzzi en 'n vuurput in.
Daar is ongemerkte staproetes om te verken en 'n verskeidenheid wild, soos kameelperde, koedoes, rooihartbeeste, njalas, elande en blouwildebeeste, asook miskien gouewildebeeste. Voëlkykers sal ook opgewonde wees oor die uiteenlopende voëlspesies wat die lodge 'n uitstekende bestemming vir natuurliefhebbers maak.
Ligging
- Goedgelegen-plaas, Zeerust, 0000, Noordwes
Sien meer verblyf in
Noordwes- Kapasiteit: 36 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Goedgelegen-plaas, Zeerust, 0000, Noordwes