Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Phumangeni Marloth Park

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tarentaalstraat 2861, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Phumangeni Marloth Park is 'n pragtige boskothuis in Marlothpark, net 20 km vanaf die Krokodilbrug-hek van die Krugerwildtuin. Phumangeni Marloth Park grens aan 'n park en verseker totale privaatheid en 'n ware bos-ervaring met baie diere-besoekers.

Die kothuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n sit- en eetarea Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Beide slaapkamers en die leefarea het lugversorging. Die dubbelslaapbank in die leefarea bied slaapplek aan 2 gaste. Alle beddegoed en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die ten volle toegeruste selfsorgkombuis sluit 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, elektriese braaipan, ketel en 'n broodrooster in. Alle eetgerei, breekware en toebehore word voorsien. Gaste kan ook by die etenstafel vir 4 sit.

Die huis is met 'n TV, onbeperkte WiFi, My Family Cinema en Netflix toegerus. Gaste is welkom om hul eie intekenbesonderhede op die DStv-app te gebruik.

Die groot stoep op die grondverdieping het 'n ingeboude braai en 'n plonspoel. Gaste kan op die eerste of tweede verdieping van die dubbelverdieping-uitkykdek aan die kant van die huis ontspan. Die boonste verdieping spog met 'n uitsig oor die Krugerwildtuin.

Phumangeni Marloth Park het diefwering, sekuriteitshekke en 'n alarmstelsel en paniekknoppie wat aan 'n plaaslike sekuriteitsmaatskappy met gewapende reaksie gekoppel is.

Die huis is goed voorberei vir kragonderbrekings. Dit het sonpanele, 'n omsetter en 'n battery-rugsteunstelsel. Daar is ook 'n Jojo-tenk met 'n pomp vir bystandwater.

Baie verskillende diere soos kameelperde, sebras, vlakvarke, koedoes, duikers, wildebeeste, nagapies en voëls besoek dikwels die area. Soms kom die sebras of koedoes by die swembad en watergat drink. Gaste kan ook voerkorrels vir die diere by die nabygeleë winkels in Marlothpark koop.

Marlothpark het baie restaurante, voëlkykskuilings, 2 supermarkte, 'n tuisnywerheid, 'n drankwinkel en 2 slaghuise. Daar is ook 'n waterpark en 'n putt-putt-baan vir kinders.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 108 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Crystal-anne B
5.0
Dit was ongelooflik! Die huis was netjies, en die beddens en beddegoed was goed. Dit was ongelooflik!
Aug 2024
Petro V
5.0
Modern en ruim vir 'n gesin van 6. Baie lekker, skoon en netjies, met alles wat jy benodig om lekker te kuier.
Aug 2024
Pieter S H
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstaande bosveldwegbreek! Uitstaande bosveld wegbreek. Heerlike ontspanning met die bosveld en fona en flora op jou voorstoep. Sien uit na die volge...
Sien meer
Aug 2024
Carien C
Gesin met klein kinders
5.0
Perfek! Dit was 'n fees. Die huis was skoon en netjies. Die ligging baie goed. Die dekke perfek vir die mooiste sonsondergang! Ons het ook olifante si...
Sien meer
Jul 2024
John Q
Saam met lewensmaat
5.0
Was netjies, rustig en lekker. Baie lekker, dankie. Dit was aangenaam en ek sal weer daar gaan bly.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Dana Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 148

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Tarentaalstraat 2861, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Phumangeni Marloth Park het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tarentaalstraat 2861, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcad49b7850db8369f3bb17b1bbbb29e32dde8aa5848ba962232105d66a13460a859accb27b4f14cdbecf53e8fb5589fe5789?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6) 108 5 1 5 2861 Tarentaal Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.335847575779 31.796243411045

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang