Piazza on Church 906
Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Parlementstraat, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 168R818 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
906 Piazza on Church 906 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou in Kaapstad se middestad. Die gebou is ideaal geleë naby die parlementsgebou en ander ontspannings- en sake-geriewe.
Dié woonstel op die negende vloer beskik oor 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, sowel as oor 'n badkamer met 'n stort. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en skottelgoedwasser. In die aangrensende sitkamer is daar 'n slim-TV waarop gaste Netflix en DStv Now kan kyk met hul eie profiele en besonderhede. Daar is ook 'n 180º-uitsig oor die middestad en op Tafelberg.
WiFi kan teen 'n ekstra koste gereël word. Die gebou spog met 'n hysbak, 'n gemeenskaplike gimnasium, 'n swembad en parkeerplek vir motors. 906 Piazza on Church is naby die KIKS, die Kunstekaap-teater, winkels, restaurante en ander besienswaardighede in die middestad.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Portier
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
FZP/CTHA Geverifieer
Eiendomme 72
Resensies 242
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Parlementstraat, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kaapstad Middestad Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Parlementstraat, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang