Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pienaarsbaken Farm Cottages

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Pienaarsbaken Farm Cottages, Langs die N9, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Pienaarsbaken Farm Cottages is aan die voet van die Lootsbergpas tussen Graaff-Reinet en Middelburg in die Oos-Kaap geleë. Die gasteplaas is 56 kilometer vanaf Graaff-Reinet, 40 kilometer vanaf Nieu-Bethesda en 60 kilometer vanaf Middelburg.

Verblyf word gebied in 3 selfsorg-eenhede wat lieflike uitsigte oor die tuin het.

Eenheid 1 is 'n pragtige eenheid wat na die tuin kyk met 'n lieflike buitebraai-area, 2 slaapkamers, 1 koningingrootte-bed (met stort), 2 enkelbeddens, privaat badkamer (met bad) en kombuisie.

Eenheid 2 bied ook 2 slaapkamers wat met koningingrootte- en enkelbeddens ingerig is, asook 'n slaapbank. Dié eenheid het 'n privaat badkamer met 'n stort en 'n lieflike binnebraai-area. Elke eenheid het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n klein stoof, mikrogolf, 'n yskas, 'n braaipan asook tee- en koffiemaakgeriewe.

Mountain View Cottages is 'n nuwe toevoeging tot ons verblyf-eenhede en bied ononderbroke uitsigte oor die Sneeuberge.

Gaste is welkom om hul eie verversings saam te bring en braaigeriewe is beskikbaar vir 'n knetterende vuur onder die sterbelaaide Karoo-hemel. Gaste kan om die swembad sit, of in die skaduryke tuin ontspan. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Synde deel van die Berg Zebra-Camdeboo Beskermde Area, bied Pienaarsbaken Plaas gaste die kans om terug te keer na 'n eenvoudiger, meer ontspanne leefstyl.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 153 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Fritz J
Gesin met tieners
5.0
Fantasiese verblyf. Dit was 'n heerlike ervaring, baie gerieflik en pragtige omgewing!
Okt 2024
Attie C
Gesin met tieners
5.0
Heerlike plaasverblyf in 'n prentjiemooi omgewing. Ons het net een nag oorgebly op pad Noorde toe, maar sal graag weer wil gaan en miskien 'n dag of t...
Sien meer
Sep 2024
Carlien B
Gesin met klein kinders
5.0
Great stay with young kids. Stunning walks to see the mountains' natural beauty. Peaceful and relaxing. Kids loved it!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Dayne M
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek. Dit is 'n ongelooflike mooi plek om by te bly.
Jun 2024
Hendrik H
5.0
Ons het oornagplek gesoek en hierdie was perfek. Pragtige plek. Pragtige ou huis waarin ons gebly het. Lekker braaikamer waar mens gesellig kan verkee...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jaco Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 153

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Pienaarsbaken Farm Cottages, Langs die N9, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Pienaarsbaken Farm Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Pienaarsbaken Farm Cottages, Langs die N9, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNhYTUwNzU1LWEwNzItNGRjNy1hMWNlLTkxNzZjMDJhNzFkZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 153 5 1 5 Pienaarsbaken Farm Cottages Off the N9 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -31.895916666667 24.856286111111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang