Piet-My-Vrou
- Kapasiteit: 270 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kareebosch Plaas, Langs die N1, Polokwane, 0700, Limpopo
- Vanaf R300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Piet-My-Vrou is 16 km vanaf Polokwane geleë en bied kampgeriewe vir groot en klein groepe.
Njala Kamp het 'n ablusieblok met 'n stort, 'n bad, asook 'n toilet. Daar is ook 'n aparte stort en toilet. Geriewe om op te was is ook beskikbaar, en etes kan by die etenstafel geniet word. Die kampterrein het ook 'n vuurput en 'n nuwe swembad.
Die kampplek het elektrisiteit en warm water word deur 'n donkie voorsien. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Waterbok Kamp het slaapplek vir 15 gaste en beskik oor 'n ablusie-area met 'n stort en aparte toilet, 'n vuurput en 'n gasgeiser. Elektrisiteit is beskikbaar.
Die Blouwildebees-kamp is geskik vir 15 gaste en het ablusiegeriewe met 'n stort, aparte toilet, vuurput en 'n gasgeiser. Daar is 'n klein grasdak met 'n etenstafel. Elektrisiteit is beskikbaar.
Gaste kan hul eie bergfietse saambring, gaan stap, en die verskeie wild op die plaas kyk; kameelperde, waterbokke, elande, bosbokke, blouwildebeeste, en verskeie voëlspesies. Die kampterrein het ook 'n gemeenskaplike speelarea vir kinders met 'n trampolien, swembad en oerwoudgimnasium.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Mardien Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Kareebosch Plaas, Langs die N1, Polokwane, 0700, Limpopo
- Gaste dink Piet-My-Vrou het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 270 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kareebosch Plaas, Langs die N1, Polokwane, 0700, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang