Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pilgrim Vine

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hermitage-laan 17, Die Wingerd, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Vanaf R7 250 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Pilgrim Vine is 'n ruim en oop selfsorghuis vir tot 10 mense in Die Wingerd en is ideaal vir groepe of gesinne wat die wynroetes, unieke markte en ander besienswaardighede in die area wil besoek.

Die veelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens, wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, en deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is ook 'n vierde badkamer met 'n stort. Daar is 1 kampeerbed vir babas en 3 matrasse vir kinders is ook op versoek beskikbaar, en gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe, en etes kan by die ontbytkroeg of etenstafels geniet word. 'n Skottelgoedwasser, 'n ysmaker en 'n boontjie-tot-koppie-koffiemasjien is ook beskikbaar vir gaste om te gebruik.

Die groot sitkamer is gerieflik ingerig met 'n TV met sekere DStv-kanale en Netflix, asook 'n kaggel, en gaste kan ook ontspan in die leeshoekie wat toegerus is vir ontspanning of om bietjie werk te doen. Die leefarea het hoë plafonne en maak oop op 'n dek met 'n paar van die tuin en swembad. Die huis het deurgaans lugversorging en WiFi is beskikbaar. Hierdie huis gebruik sonkrag.

Die huis het ook 'n solderwoonstel vir 2 gaste. Die woonstel het 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n oopplan-kombuis en -sitarea.

Gaste kan langs die swembad op die sonstoele, of om die vuurput ontspan. 'n Buitekamer is toegerus as 'n gimnasium met 'n spinfiets en ander items. Parkeerplek is beskikbaar in die dubbelmotorhuis sowel as buite, en die huis is toegerus met 'n alarmstelsel en kameras aan die buitekant van die huis. Gaste sal met aankoms 'n kaasbord met wyn ontvang.

Pilgrim Vine is 1,5 km vanaf Waterstone Village en 3 km vanaf Somerset Mall wat verskeie winkels en restaurante bied, en 5 km vanaf die Strand-strand vir branderplankry, visvang, swem, sonsondergangvaarte en walviskyk in seisoen. Gaste kan ook die Strand Waterworld & Fun Park besoek, of 'n potjie putt-putt speel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 5 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Gabriella W
Saam met vriende
5.0
Fantastic! Absolutely wonderful! We had an incredible stay and it was the perfect spot for a wedding we attended at Cavali - highly rec...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Frans V
Gesin met klein kinders
5.0
Excellent location, excellent equipped and super service. Pilgrim Vine is excellently located, excellently equipped and the service and...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Helen M
5.0
Pilgrim Vine is baie netjies en skoon. Goeie fasiliteite beskikbaar. Heerlik om kaggelvure gekuier. Pilgrim Vine is die ideale wegbreek verblyf vir fa...
Sien meer
Sep 2023
Liesl C
Gesin met klein kinders
5.0
Outstanding. We had the best time as a family at this gorgeous property! Fabulous house, in a great location, and the owner is an absol...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023
Veronique K
Saam met vriende
4.8
Die beste waarde vir jou geld. Baie lekker gekuier hier met my vriende, die plek het alles wat jy nodig het en is baie netjies, definitely die moeite ...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Pilgrim Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Hermitage-laan 17, Die Wingerd, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pilgrim Vine het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 7 250
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R 7 250
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hermitage-laan 17, Die Wingerd, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3e8c37332f0d73a0a645228eff5d45385fcebaf4f152140e0ed7c7722229831fdbdf6e1c4f924ea32540c256f8ca9239ec59?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 250 per nag, vir 10 mense 10 5 1 5 17 Hermitage Avenue Die Wingerd 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.06786936249 18.831501982209

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang