Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

PiliPili Beach Cabanas

Gastehuis
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Claude Urban-rylaan 2, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Vanaf R830 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

PiliPili Beach Cabanas is op die strandfront in Sedgefield geleë. Hiér kan gaste 30 km se ongerepte strande, die riviermonding en Sedgefield self verken. Dié dorp is halfpad tussen Knysna en George geleë.

Gerieflike verblyf word in 2 gesinskamers, 3 dubbelkamers, 2 wittebroodkamers en 3 slaapsale gebied. Die en suite-hutte kan as gesinseenhede vir 4 gaste of as dubbel- of 2-enkelbedkamers bespreek word. Al die kamers het balkonne wat reg rondom die kamer strek en bied 'n uitsig oor die strand, see en natuurlike fynbos. Die slaapsaal is ideaal om ander reisigers te ontmoet. Die hele slaapsaal kan ook bespreek word vir 'n groep vriende indien daar vroegtydig bespreek word.

Ontbyt, wat ingesluit is, middagete, aandete, koffie en skemerkelkies is by PiliPili Beach Restaurant beskikbaar op die onderste verdieping. Die restaurant bied 'n rustige atmosfeer en die pizzas is vars. Gaste kan tussen 'n dun basis of hout-gebak kies. Die ribbetjies en seekos is veral gewild.

Die Tuinroete bied verskeie doendinge en besienswaardighede en gaste kan bedags uitstappies na verskeie areas neem. Doendinge in die area sluit staanroei, vlieërbranderry, valskermsweef, voetslaan, kanovaart, reksprong, bergfietsry, perdry, skubaduik, haaihokduik, walviskyk en wynproe in.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.3
Veiligheid
4.4
Wat gaste dink
Monique R
5.0
Rustig en absoluut die moeite werd! Ek en my maand oue dogtertjie het vreeslik lekker gebly. Almal was baie behulpsaam om my tasse op te dra en hulle ...
Sien meer
Apr 2024
Lize B
5.0
Netjies, genoeg vir wat ek benodig het. Besonderse plekkie om te bly.
Feb 2024
Lyndi T
Saam met lewensmaat
5.0
Vrek Lekker. Gekoop in die area so sal ongelukkig nie weer oorbly nie, maar beslis die deli en restaurant besoek.
Feb 2023
Elaine B
Saam met lewensmaat
4.8
Prettig, heerlike atmosfeer. Ons het heerlik gebly. Met aankoms het ons gewonder oor die plek, want dit is nou nie eintlik "luuks en modern" nie, maar...
Sien meer
Jan 2024
Morne B
Gesin met tieners
4.0
Lekker gebly, skoon en netjies en het baie lekker pizza geëet. Vriendelike verwelkoming, skoon en netjies en het lekker geëet en gebly. Sal vir enige ...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Mgr Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Claude Urban-rylaan 2, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink PiliPili Beach Cabanas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R830
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R830
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 44 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Claude Urban-rylaan 2, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAR6hQ7QHCdZnJ0Q2RNR7h5p6f7LpjuK188AGsCGKZHqmiVqEei5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R830 per nag, vir 2 mense 18 5 1 5 2 Claude Urban Drive Sedgefield 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.033481262471 22.802011370659

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang