African Sky Hotels - Pine Lake Inn
Kry 25% af. Geldig vir verblyf vanaf 11 Mrt 2024 tot 30 Sep 2024.
- Kapasiteit: 262 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pine Lake-weg, Witrivier, 1240, Mpumalanga
-
Vanaf
R1 980R1 485 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
African Sky Hotels - Pine Lake Inn is in Mpumalanga se bosveld geleë en is 'n pragtige hotel met 'n uitsig oor die Longmere-dam. Hiér kan gaste van die stadsgewoel ontsnap en heerlik ontspan. Die hotel is net 35 km vanaf die Krugerwildtuin.
Hierdie hotel bied 'n verskeidenheid kamers soos Standaardkamers, Deluxe-kamers, Koningkamers en 2 Presidensiële Suites. Die kamers het dubbelbeddens of koninggrootte-beddens met vars wit linne. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad en 'n stort.
Ander geriewe in die kamer sluit gratis WiFi, 'n TV en tee- en koffiemaakgeriewe in. Party van die Deluxe-kamers het 'n uitsig oor die swembad en party van die Koningkamers het 'n uitsig oor die meer. Gaste kan maaltye buite geniet en die uitsig oor die dam inneem. Die restaurant op die perseel bied 'n verskeidenheid keuses van maaltye en buffets.
Die hotel is net 'n kort entjie vanaf die Panoramaroete, Pelgrimsrus en die Sudwala-grotte. Daar is 'n 9 putjie-gholfbaan op die perseel en gaste het toegang tot dit.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Swembad
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Wildritte
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Televisie
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Martha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Pine Lake-weg, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Gaste dink African Sky Hotels - Pine Lake Inn het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in White River Country Estate Witrivier Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 262 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pine Lake-weg, Witrivier, 1240, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang