Pinedew Guesthouse
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sinagoge-straat 939, Kameeldrift-Oos, Pretoria, 0031, Gauteng
-
Vanaf
R980R833 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Pinedew Guesthouse is noordoos van Pretoria en bied gemaklike B&B-akkommodasie waar die oordeelkundige reisiger die rustige atmosfeer van die platteland met al die moderne geriewe in die nabyheid kan geniet. Of dit nou vir sake of plesier, of vir 'n trou is, Pinedew Guesthouse bied 'n huislike atmosfeer in die Suid-Afrikaanse bosveld.
Die huislike atmosfeer by Pinedew Guesthouse word beklemtoon deur die hoë dennebome in die welige tuin. Akkommodasie bestaan uit 5 smaakvol versierde en gemeubileerde dubbelslaapkamers, 3 met en suite-badkamers en 2 met balkonne wat uitkyk oor die tuin en swembad. Die gesinskamer kan tot 4 gaste akkommodeer. Alle kamers word daagliks skoongemaak en is toegerus met tee- en koffiegeriewe, WiFi, en 'n TV met DStv. Gaste het toegang tot 'n kroeg, braaigeriewe, 'n boma buite, 'n tuin, patio, swembad en 'n TV-sitkamer. Pinedew Guesthouse maak ook voorsiening vir korporatiewe funksies en konferensies asook troues met geriewe, insluitend 'n kapel, om tot 230 gaste te akkommodeer. Aandete kan vooraf gereël word teen 'n ekstra koste. 'n Pendeldiens kan ook gereël word om besienswaardighede soos Pilanesberg Nasionale Park, Sun City, Rhino & Lion Nature Reserve, Hartbeespoortdam, Wieg van die Mensdom en die Sterkfontein Grotte.
Die Kolonnade Inkopiesentrum is 10 km weg en bied oorgenoeg vermaak en restaurante. Pretoria is minder as 23 km weg is staan as die Jakarandastad bekend weens die pers skakerings van Jakaranda-bome in Oktober en November. Pretoria is een van die drie hoofstede van Suid-Afrika en spog met grasieuse ou huise, lowerryke voorstede en breë strate. Gaste kan die stad en wat dit bied verken, soos die Uniegeboue, Vryheidspark, Voortrekkermonument en Kruger House Museum.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.8/5
Vanessa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Sinagoge-straat 939, Kameeldrift-Oos, Pretoria, 0031, Gauteng
- Gaste dink Pinedew Guesthouse het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Kameeldrift-Oos Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sinagoge-straat 939, Kameeldrift-Oos, Pretoria, 0031, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang