Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pinnacle Point Golf Lodge 70

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lodge 70 Pinnacle Point, Pinnacle Point-rylaan 1, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Pinnacle Point Golf Lodge 70 bied gehalte-selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde tweeslaapkamerhuis aan 5 volwassenes en 2 kinders. Die huis is op die bekroonde Pinnacle Point Landgoed buite Mosselbaai en bied die ideale wegbreek waar gaste net agteroor kan sit en die pragtige natuurskoon en rustige omgewing kan geniet. Die ruim huis spog met 'n lieflike uitsig oor die see, groenstrook en 'n gholfbaan.

Die huis het slaapplek vir 5 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n uitstekende uitsig en 'n koningingrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en ’n stapelbed. Al die beddens het elektriese komberse. Elke slaapkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en elke badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die toegeboude braaikamer het 'n etenstafel met sitplek vir 6, gemaklike rusbanke, 'n ingeboude braai, yskassie en 'n TV met DStv. Dit is 'n lieflike kuierarea vir die gesin vanwaar hulle die sonsondergang kan dophou. Die kombuis is met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die kombuis het eetgerei vir 6 gaste en alle nodige kombuistoebehore. Daar is ook 'n groot koskas met genoeg stoorplek.

Die leefarea het 'n oopplan-ontwerp met 'n ekstra etenstafel vir 4, 2 rusbanke en 2 gemakstoele. Een van die rusbanke is 'n dubbelslaapbank vir kinders. Die leefarea het ook 'n kaggel vir knus winteraande. Daar is parkeerplek vir 2 voertuie.

Die landgoed bied 'n rits doendinge, soos 'n gholfbaan, spa, gimnasium, swembad, klimraam, klubhuis met 'n bekostigbare spyskaart, staproetes, 'n oefenbof, 'n speelarea vir kleuters, en 'n klein privaat strand. Pinnacle Point het 'n ongerepte kuslyn van 4 km en 'n klein natuurreservaat langsaan. Gaste by Pinnacle Point sal afslag op die gholffooi kry, sowel as toegang tot die spa en gimnasium teen ekstra koste. 'n Rondte gholf sluit 'n emmer gholfballe en 'n gholfkarretjie wat gedeel word in.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed
Badkamer 1

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Vernie M
Saam met vriende
5.0
Soek na die rede om so gou moontlik weer daar in te klok. Uiters genotvol gewees.
Aug 2024
Hans H
Saam met vriende
5.0
Very comfortable and well appointed unit. Great accommodation for our golf getaway. The unit is well appointed with a splendid view ove...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Maresa V
Saam met vriende
5.0
If you are reading this review, just book your accommodation at Lodge 70! Baie baie lekker gebly!
Nov 2023
Elzette V
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker gekuier. Rustig met die mooiste uitsig. Baie netjies en alles beskikbaar wat 'n mens benodig. Selfs beurtkrag was nie 'n probleem nie. Sal...
Sien meer
Apr 2023
Ria N
5.0
Besondere paar dae: ons wou nie ry nie! Die uitsig van Pinnacle Point 70 is ongelooflik - dis mooier as op die webblad! Die huis is besonder skoon en ...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ristine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Lodge 70 Pinnacle Point, Pinnacle Point-rylaan 1, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pinnacle Point Golf Lodge 70 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lodge 70 Pinnacle Point, Pinnacle Point-rylaan 1, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5db8da717f160f8a606b85ca9fe9c8771134d2fd7c3cbfcb7a8217ae2df5d1ac74d3df82516ee70ff4f1e7a5209d9902d074?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag (plek vir 4) 20 5 1 5 Lodge 70 Pinnacle Point 1 Pinnacle Point Drive 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.195968940879 22.08829364418

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang