Pladda in Plett
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pladda-rylaan 10, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Jeremy en Judy verwelkom jou hartlik by hul 2 snoesige, gerieflike selfsorgwoonstelle op 'n veilige, omheinde eiendom. Pladda in Plett is net 850 m vanaf Robbergstrand, Plettenbergbaai se Blouvlagstrand en dit is ook net 3 minute se ry van die naaste gholfbaan af.
Albei eenhede is smaakvol versier en gerieflik. Besoekers is verseker van 'n goeie nagrus. Daar is 'n omsetter sodat daar altyd elektrisiteit is. Let asb. daarop dat die eenhede nie rolstoelvriendelik is nie.
Eenheid 1 het 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n oopplan-sitkamer en 'n ten volle toegeruste kombuis. Die slaapkamer het t 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, koffiemasjien, stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster en ketel. Daar is 'n enkelbed in die sitkamer vir ’n derde gas. Gaste het toegang tot 'n TV met volledige DStv en 'n braai-area.
Eenheid 2 is enkel-eenheid met ’n oopplan-slaapkamer, -sitkamer en -kombuis, asook 'n privaat badkamer met 'n stort, bad, 'n wasbak en 'n toilet. Die eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n TV met volledige DStv. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, ketel en 'n oondjie. Gaste het toegang tot 'n braaiplek.
Ekstra matrasse is beskikbaar (1 per eenheid). Braaigeriewe is beskikbaar. Linne word voorsien en gaste het toegang tot veilige parkeerplek.
Ons sal seker maak dat jy 'n rustige vakansie sal ervaar deur jou te voorsien van al die inligting wat jy nodig het oor die doendinge en besienswaardighede in die omgewing. Dit is een van Suid-Afrika se gewildste bestemmings: Blouvlagstrande, 2 gholfbane, Robberg Natuurreservaat, wynplase, verskeie restaurante, dit alles is maklik bereikbaar.
Die volgende besienswaardighede is ook in die omgewing geleë: Monkey Land, Tsitsikamma Canopy Tours, walviskyk, reksprong, skubaduik, Birds of Eden, Elephant Sanctuary, Tenikwa Wildlife, vryval, Kangogrotte, diepseevisvang en perdry.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jeremy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 54
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Pladda-rylaan 10, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Pladda in Plett het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Robberg Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pladda-rylaan 10, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang