Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Plan D'eau

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perkijt 30, Aldegronde-weg, Langebaan Country Estate, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 470 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Plan D'eau is in Langebaan Gholflandgoed wat bekend is vir sy Gary Player Gholfbaan. Dié lieflike gholf-villa bied spoggerige selfsorgverblyf met 'n kroeg-area en 'n pooltafel. Gaste sal mal wees oor die landgoed se geriewe. Dit sluit 'n restaurant, gholfwinkel, tennisbaan, rolbalbaan, oefenbof en putt-putt in.

Die villa bied slaapplek vir 8 persone in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 1 koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, hoekbad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en daar is 2 stapelbeddens in die derde slaapkamer. Gaste wat in die laasgenoemde kamers tuisgaan maak gebruik van 'n gedeelde badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Al die beddens is oorgetrek met puik linne.

Op die grondverdieping is daar 'n oopplan-kombuis, -leefarea, -eetkamer en braaiplek. Die kombuis is volledig toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv.

Daar is talle fietsry- en staproetes en die Fox Trail is veral gewild. Die swembad en tennisbane is ook tot gaste se beskikking. Doendinge in die area sluit in: kajakvaarte, seil, vlieërbranderry, perdry, swem en, natuurlik, gholf. Die volgende besienswaardighede is ook nie te ver van die verblyf af nie: die Weskus Nasionale Park, Fossielpark en Evita se Peron op Darling.

Die winkels en restaurante in Langebaan is net 5 minute se ry van die landgoed af.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 mense
2 xStapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet
Badkamer 3

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 20 resensies vir Plan D'eau
Netheid
4.4/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Nita Geverifieer

Eiendomme 21

Resensies 202

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Perkijt 30, Aldegronde-weg, Langebaan Country Estate, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Plan D'eau het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 470
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 470
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Perkijt 30, Aldegronde-weg, Langebaan Country Estate, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA27eee7e348ce84ccc7201198af74f106bbe438a7f6643e5d53fb9f9a7eaa896a72541982fb0450bbaf217bf576fa307ef0f1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 470 per nag (plek vir 8) 20 5 1 5 30 Perkijt Aldegronde Way 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.074520388043 18.055190529511

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang