Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Platbakkies Farm Retreat

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Stephen W
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Heerlike verblyf met gasvrye eienaars. Heerlike verblyf. Netjies en gerieflik. Lizelle en Dawie het ons dadelik laat tuis voel. Sal volgende keer net langer wil bly as ek weer die geleentheid kry.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dalene V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2023

Wonderlike Karoo-landskap met ongelooflike skoon en netjiese fasiliteite - wat 'n voorreg om daarin te kon deel! Baie goed toegeruste blyplek, silwerskoon en netjies met fyn hand van afronding oral sigbaar. Produkte wat beskikbaar is om te koop het dit ekstra spesiaal gemaak en die Karoo-gasvryheid sal ons vir seker weer laat teruggaan!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lizelle
Platbakkies Farm Retreat
Baie dankie, Dalene! Julle is altyd weer welkom! Platbakkies-groetnis.

Cecilia O
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2023

Wat 'n lieflike plek. Ons het lekker gekuier en sal beslis weer gaan kuier en langer bly. Lizelle het ons baie vriendelik ontvang en hulle braaipakke is heerlik. Ons sal hulle beslis aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lizelle
Platbakkies Farm Retreat
Baie dankie! Dit was lekker om julle te leer ken! Liefde-groete van Platbakkies.

Cecilia V
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Aug 2023

Heerlike kuier in die natuur. Namakwaland vriendelikheid wat nie geëwenaar kan word nie. Heerlike bord kos na lang dag op die pad. Die plaashuis is gesellig en ons sal weer teruggaan om die omgewing weer te verken. Dankie Lizelle vir al die aanbevelings en heerlike kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lizelle
Platbakkies Farm Retreat
Baie dankie, Cecilia, julle was 'n heerlike lot gaste! Ons sien uit na julle volgende kuier.

Maretha N
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Aug 2023

Die eienaars het ons vriendelik ontvang en tuis laat voel. Die kampeerplek en die geriewe was baie netjies. Ons het oorgeslaap vir net een nag, sou graag langer wou bly om meer van die plaas te sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Pierre R
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Aug 2023

Dit was 'n rustige naweek weg. Platbakkies is net reg geleë om weg te kom van die stad se "besigheid". Ons gasvrou, Lizelle, het seker gemaak ons het alles wat ons nodig het. Die fasiliteit was skoon en netjies en die geriewe perfek. O, en Lizelle maak 'n heerlike ontbyt. Sy maak 'n bobaas paptert.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Lizelle
Platbakkies Farm Retreat
Dankie Pierre, dit was lekker om julle te ontvang. Groete tot volgende keer.

Valerie J
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jan 2022

Clean, charming and relaxing. Dawie and Lizelle are excellent hosts. The entire house is lovely decorated. The kitchen and all rooms are clean. It's a perfect place to relax and also for an overnight stay between Stringbok and Loeriesfontein on the R355.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andries V
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2022

Kommervry. Dit is 'n lekker plaasatmosfeer en die stilte raas glad. Die sterreprag is fantasties in die aand as die hemel wolkloos is en die uisig vanaf die kombuis is ook mooi om die sonsopkoms te wardeer. Het heerlik gebraai en die die feit dat daar redelik produkte (vleis, konfyt, eerlikheidskroeg, serpe ens. ens.) is maak dit maklik vir die ou wat iets vergeet het. Hartsmense wat die plek besit.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Lizelle
Platbakkies Farm Retreat
Baie dankie, Andries. Dit was lekker om julle te ontmoet en te ontvang op Platbakkies. Seën-groete

Lize K
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2021

Blommekyk Hartlike ontvangs deur behulpsame gasheer en gasvrou. Stylvol, skoon, gerieflik, huislik, ruim. Goeie gehalte beddegoed en handdoeke. Loutere plesier om daar te bly, ek sou 10 sterre gee as ek kon!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lizelle
Platbakkies Farm Retreat
Baie, baie dankie Lize. Was goed om julle te ontmoet, julle was besonderse gaste.

Joan N
1 nag Saam met vriende
5.0
Aug 2020

Die verblyf op Platbakkies was die hoogtepunt van ons vakansie en blommetoer! Ons was uiters vriendelik ontvang en die eienaars het uit hulle pad gegaan om ons verblyf interessant en aangenaam te maak. Kan Platbakkies by enigiemand aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lizelle
Platbakkies Farm Retreat
Baie dankie, Wilna. Dit was vir ons 'n voorreg om julle te ontvang.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Lizelle Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 14

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plat Bakkies-plaas, Langs die R355, Garies, 8241, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABcwOkygU45sPnJnb5MwfTVxoVAghdyb42bsmJ4HUcNi1JbkB6b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 14 5 1 5 Farm Plat Bakkies Off the R355 8241 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.310412005386 18.493281304836

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang