Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Platbakkies Farm Retreat

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Lizelle Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 14

Op LekkeSlaap 6 jaar

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 14 resensies vir Platbakkies Farm Retreat
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5
Stephen W - Mei 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stephen W

Heerlike verblyf met gasvrye eienaars.

Heerlike verblyf. Netjies en gerieflik. Lizelle en Dawie het ons dadelik laat tuis voel. Sal volgende keer net langer wil bly as ek weer die geleentheid kry.

Dalene V - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dalene V

Wonderlike Karoo-landskap met ongelooflike skoon en netjiese fasiliteite - wat 'n voorreg om daarin te kon deel!

Baie goed toegeruste blyplek, silwerskoon en netjies met fyn hand van afronding oral sigbaar. Produkte wat beskikbaar is om te koop het dit ekstra spesiaal gemaak en die Karoo-gasvryheid sal ons vir seker weer laat teruggaan!

Platbakkies Farm Retreat se terugvoer

Baie dankie, Dalene! Julle is altyd weer welkom! Platbakkies-groetnis.

Platbakkies Farm Retreat
Cecilia O - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cecilia O

Wat 'n lieflike plek.

Ons het lekker gekuier en sal beslis weer gaan kuier en langer bly. Lizelle het ons baie vriendelik ontvang en hulle braaipakke is heerlik. Ons sal hulle beslis aanbeveel.

Platbakkies Farm Retreat se terugvoer

Baie dankie! Dit was lekker om julle te leer ken! Liefde-groete van Platbakkies.

Platbakkies Farm Retreat
Cecilia V - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cecilia V

Heerlike kuier in die natuur.

Namakwaland vriendelikheid wat nie geëwenaar kan word nie. Heerlike bord kos na lang dag op die pad. Die plaashuis is gesellig en ons sal weer teruggaan om die omgewing weer te verken. Dankie Lizelle vir al die aanbevelings en heerlike kuier.

Platbakkies Farm Retreat se terugvoer

Baie dankie, Cecilia, julle was 'n heerlike lot gaste! Ons sien uit na julle volgende kuier.

Platbakkies Farm Retreat
Maretha N - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Maretha N

Die eienaars het ons vriendelik ontvang en tuis laat voel. Die kampeerplek en die geriewe was baie netjies.

Ons het oorgeslaap vir net een nag, sou graag langer wou bly om meer van die plaas te sien.

Pierre R - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Pierre R

Dit was 'n rustige naweek weg.

Platbakkies is net reg geleë om weg te kom van die stad se "besigheid". Ons gasvrou, Lizelle, het seker gemaak ons het alles wat ons nodig het. Die fasiliteit was skoon en netjies en die geriewe perfek. O, en Lizelle maak 'n heerlike ontbyt. Sy maak 'n bobaas paptert.

Platbakkies Farm Retreat se terugvoer

Dankie Pierre, dit was lekker om julle te ontvang. Groete tot volgende keer.

Platbakkies Farm Retreat
Valerie J - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Valerie J

Clean, charming and relaxing.

Dawie and Lizelle are excellent hosts. The entire house is lovely decorated. The kitchen and all rooms are clean. It's a perfect place to relax and also for an overnight stay between Stringbok and Loeriesfontein on the R355.

Andries V - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Andries V

Kommervry.

Dit is 'n lekker plaasatmosfeer en die stilte raas glad. Die sterreprag is fantasties in die aand as die hemel wolkloos is en die uisig vanaf die kombuis is ook mooi om die sonsopkoms te wardeer. Het heerlik gebraai en die die feit dat daar redelik produkte (vleis, konfyt, eerlikheidskroeg, serpe ens. ens.) is maak dit maklik vir die ou wat iets vergeet het. Hartsmense wat die plek besit.

Platbakkies Farm Retreat se terugvoer

Baie dankie, Andries. Dit was lekker om julle te ontmoet en te ontvang op Platbakkies. Seën-groete

Platbakkies Farm Retreat
Lize K - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lize K

Blommekyk

Hartlike ontvangs deur behulpsame gasheer en gasvrou. Stylvol, skoon, gerieflik, huislik, ruim. Goeie gehalte beddegoed en handdoeke. Loutere plesier om daar te bly, ek sou 10 sterre gee as ek kon!

Platbakkies Farm Retreat se terugvoer

Baie, baie dankie Lize. Was goed om julle te ontmoet, julle was besonderse gaste.

Platbakkies Farm Retreat
Joan N - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Joan N

Die verblyf op Platbakkies was die hoogtepunt van ons vakansie en blommetoer!

Ons was uiters vriendelik ontvang en die eienaars het uit hulle pad gegaan om ons verblyf interessant en aangenaam te maak. Kan Platbakkies by enigiemand aanbeveel.

Platbakkies Farm Retreat se terugvoer

Baie dankie, Wilna. Dit was vir ons 'n voorreg om julle te ontvang.

Platbakkies Farm Retreat
Martin B - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Martin B

Wonderful hospitality in the middle of nowhere.

Just one of the nicest overnight stays we have had. A working Namaqualand/Karoo farm that is clearly tended to very well. The guest house is spacious and clean and the lamb supplied on request was fantastic. Hospitality is second to none.

Platbakkies Farm Retreat se terugvoer

Thank you, Martin. It was an honour to accommodate you on here on Platbakkies.

Platbakkies Farm Retreat
Suretha D - Sep 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Suretha D

Lovely place to stay and exceptional hospitality!

See stars.

Platbakkies Farm Retreat se terugvoer

Baie dankie, Suretha. Ons sien daarna uit om julle weer te ontvang!

Platbakkies Farm Retreat
Janda A - Aug 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Janda A

'n Plek wat aan ons almal se hartsnare geraak het.

Platbakkies is ideaal geleë vir enige iemand wat Namakwaland beter wil leer ken, ongeag of dit vir blomme, voëls, veld, seisoen-uiterstes of die hemelruim is. Die gasvrou en gasheer is uiters vriendelik en behulpsaam met 'n stille waardigheid wat pas by die omgewing se mense.

Platbakkies Farm Retreat se terugvoer

Baie dankie, Janda.
Dit was 'n voorreg om julle te hier op Platbakkies te ontvang.
Hoop ons sien julle gou weer.

Platbakkies Farm Retreat
Gawie H - Jun 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gawie H

Lekker huislik, baie netjies, skoon plaasoord met vriendelike en gasvrye mense waar mens rus en vrede vir jou siel kan vind.

Platbakkies Farm Retreat is tussen die Boesmanland en Namakwaland geleë, so 112 km buite Springbok. Pragtige berge waar mens vroegoggend kan stap en vars en skoon suurstof op die brein kan kry. Die akkommodasie is puik, want dis 'n lekker ou plaashuis wat baie netjies gerestoureer is en mens voel sommer jy kom tuis. Daar is so 'n wye verskeidenheid plante en blomme wat hierdie wêreld mens bied as jy eers bietjies nader begin kyk en die honderde kleiner plantjies begin ontdek. Mooi en interessante voëllewe. Mens het jou eie plaashuis en stoepie met braaiplekkie. Mens voel jy is tuis en die slaapplek is regtig netjies, skoon en warm. Die plaasdiere en paar perde maak dat mens nog meer vry voel. Sonsopkoms en sonsondergange is seker van die mooiste gesigte wat die Hemelse Vader skilder. Die mense se vriendelikheid, gasvryheid en warmte laat jou welkom voel en mens kan regtig ontspan, ontlaai en net wees hier. Ek beveel Platbakkies Farm Retreat aan vir enige iemand, jonk en oud, indien jy die stilte begeer en jouself weer bietjie wil vind.

Platbakkies Farm Retreat se terugvoer

Baie, baie dankie vir jou mooi resensie. Dit was vir ons 'n voorreg om jou hier te ontvang. Kom gou weer.

Platbakkies Farm Retreat
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plat Bakkies-plaas, Langs die R355, Garies, 8241, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABcwOkygU45sPnJnb5MwfTVxoVAghdyb42bsmJ4HUcNi1JbkB6b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 14 5 1 5 Farm Plat Bakkies Off the R355 8241 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.310412005386 18.493281304836

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang