Playa Del Mar 10
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Playa Del Mar A, Manaba Beach, , 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R610 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Playa Del Mar 10 is 'n selfsorg-vakansiewoonstel in Manaba aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Die Suidkus bied goue strande, strandmere, rotsagtige baaie, grasbedekte hange, die warm waters van die Indiese Oseaan, sonskyn, subtropiese woude en plantegroei, en lok jaarliks derduisende besoekers.
Dié woonstel het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n alkoof met 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort, toilet, bidet en wasbak.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv. Gaste moet hul eie toiletware, handdoeke en hangers saambring.
Die leefarea lei na 'n lieflike balkon met gasbraaigeriewe en 'n see-uitsig. Hierdie woonstel het 44 trappe en is nie geskik vir gaste met beperkte beweeglikheid nie.
Die kompleks bied ook gemeenskaplike braaigeriewe. Daar is parkeerplek vir 1 voertuig in 'n motorhuis, asook ekstra oop parkeerplek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet met bidet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rané Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 714
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Playa Del Mar A, Manaba Beach, , 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Playa Del Mar 10 het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Playa Del Mar A, Manaba Beach, , 4270, KwaZulu-Natal