Playa Del Mar 12
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 13 Des 2024 tot 23 Des 2024.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Collisonstraat, Playa Del Mar 12, Manaba, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R599 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Playa Del Mar 12 is in die uiters gewilde vakansiedorp, Manaba, geleë en bied gehalte-verblyf vir jou volgende gesinsvakansie aan die Suidkus van KwaZulu-Natal.
Die eenheid het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is ook 'n stapelbed in die eenheid. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, wasmasjien, eetgerei en breekware. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV teen die muur met 'n OpenView-dekodeerder. Gaste kan ook hul eie slimkaart en dekodeerder saambring. Let asb. dat DStv-Explora nie versoenbaar is nie.
Die stoep kan toegemaak word met stapeldeure op winderige dae. Daar is 'n braai-area op die stoep met 'n see-uitsig. Die eenheid is net 200 m van die strand af. Die eenheid het 'n motorhuis en ekstra besoekersparkeerplek, so daar is basies plek vir 2 voertuie. Die eenheid het 3 stelle trappe en is dalk nie geskik vir bejaarde gaste en gaste met gestremdhede nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- DVD-speler
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Marius Geverifieer
Eiendomme 14
Resensies 132
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Collisonstraat, Playa Del Mar 12, Manaba, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Playa Del Mar 12 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Manaba Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Collisonstraat, Playa Del Mar 12, Manaba, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang