Plettenberg View B&B
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Robberg-weg 64, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R2 050 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Plettenberg View B&B is kontemporêre dubbelverdieping-gastehuis met 'n rustige atmosfeer en spog met uitsigte van oor die Robberg-reservaat tot op Formosa Peak in die agtergrond. Dit is ideaal vir 'n romantiese wegbreek of om net die besige stadslewe te ontsnap en is nie ver van die Blouvlagstrande af nie.
Gaste het 'n keuse uit óf die groot suite op die boonste verdieping, óf 1 van die 4 knus suites op die onderste verdieping. Elke suite het slapplek vir 2 gaste en het óf 'n koninggrootte-bed, óf 2 enkelbeddens. Die suites se en suite-badkamer het óf 'n bad, stort, of albei. Linne, badhanddoeke en swemhanddoeke word voorsien. Gaste kan ook sonstoele en 'n sambreel versoek.
Gratis WiFi-toegang en 'n TV is in elke suite beskikbaar. Ander geriewe sluit 'n kluis, haardroër, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe in. Elke suite het 'n balkon met buitesitplek en 'n uitsig oor die bai. Daar is ook genoeg kasspasie.
Alle gaste het volledige toegang tot die gemeenskaplike areas van die gastehuis. Dit sluit 'n sprankelende swembad met sonstoele, 2 knus gastesitkamers en 'n eetarea in. Hier kan gaste hul ontbyt, wat by die tarief ingesluit is, geniet. Boonop is daar 'n uitgestrekte balkon met 'n sitplek, 'n buite-eettafel en braaigeriewe.
Die eiendom word beskerm deur geslotekringtelevisie. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die gashere en hul Jack Russell-hondjie sien uit daarna om gaste te verwelkom en kan besprekings of uitstappies na die verskeie besienswaardighede in die area reël, of 'n bespreking by 'n restaurant maak.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Robberg-weg 64, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Robberg Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Robberg-weg 64, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang