Plumbago Guest House
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeelplaas, Kiepersol, Hazyview, 1241, Mpumalanga
- Vanaf R2 920 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Plumbago is netjies versteek en gaste moet deur die gietysterhekke aan die punt van die bougainvillea-ryke oprit ry om die pragtige eenheid onder oë te kry, so mooi soos die blom waarna dit vernoem is - Plumbago. Dit is op 'n avokado- en piesangplaas en is bo die plantasie geleë met 'n uitstekende uitsig wat tot by die Krugerwildtuin in die verte strek.
Die jazz-musiek uit 1940 wat rustig in die agtergrond speel is die perfekte metgesel vir die nostalgiese en koloniaal-geïnspireerde huis met sy bekoorlike kamers met lugversorging, sitareas, en suite-badkamers, teeskinkborde en luukse bedlinne. Die linne het 'n grasieuse gevoel met subtiele, natuurlike kleure wat pragtig meng met die gordyne met hul Jakobeaanse druk, mahonie-beddens en 'n oorvloed kleurryke blomme in vase en potte.
Die elegante swembad en sauna is in die pragtige tuin waar jy lekker kan ontspan en die oorvoed voëls kan gade slaan. Die tennisbaan het 'n lapa met 'n klein biblioteek, Robbie se geskiedenis-leeshoekie en ons kan selfs skoonheidsbehandelings, doendinge, pendeldienste en safari's namens jou reël.
Kinders en troeteldiere is welkom indien vooraf gereël. Besprekings is noodsaaklik vir middagete en aandete. Ons is volledig gelisensieer en kredietkaarte word aanvaar.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniek-middagete
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
ilara Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Erfdeelplaas, Kiepersol, Hazyview, 1241, Mpumalanga
- Gaste dink Plumbago Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kiepersol Hazyview Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeelplaas, Kiepersol, Hazyview, 1241, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang