Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Polka Dot Executive Suite

Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Besemboslaan 32, Kemptonpark, 1619, Gauteng
  • Vanaf R980 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Polka Dot Executive Suite is 'n lieflike losstaande selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in Kemptonpark. Dit is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers wat op soek is na 'n gerieflike verblyf tussen vlugte of ideaal vir n reisiger wat moet oornag tussen dorpsbesoeke.

Baie tyd en aandag is gespandeer aan uitstaande gehalte en afwerking regdeur. Dalk gaan jy die ruim badkamer, met n gesellige tafel en stoele, meeste geniet of dalk gaan daardie luukse bed jou hart steel?

Kom besluit self.

Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste in 'n oopplan-kamer met 'n koninggrootte-bed en gaste kan hulle eie opslaanbed saambring vir hul baba. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne, handdoeke en toiletware word voorsien.

Wees verseker van n veilige nagrus. Daar is n shutterdeur wat geluide uitblok voor die hoofingang.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof induksiestoof, mikrogolfoond, eetgerei, breekware,
koffiemaakgeriewe en 'n kuier tafel met sitplek vir 2. Die leefarea het 'n lessenaar, gemaklike rusbank en 'n 55" TV. WiFi is beskikbaar. Daar is ook voorsiening gemaak vir n intieme geselshoekie vir 2 gaste.

Gaste het toegang tot braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel. Hierdie verblyf is naby verskeie winkels en restaurante. O.R. Tambo Internasionale Lughawe is ongeveer 5,9 km ver.

Kemptonpark se Golfbaan is 1km van hierdie eenheid. Die bekende Serengeti Golf baan is 13km van die eenheid.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Koninggrootte-bed

1 x Kinderbedjie

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Vervoerdienste
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Ligging

  • Besemboslaan 32, Kemptonpark, 1619, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 980
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 980
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 baba
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Besemboslaan 32, Kemptonpark, 1619, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3c9b295deabb2a638f2fb5767cb9ec4438772e1ff756e76cd9ecdd4d7920593430a603026918b3fd100b07fdd77cb98cf276?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag (plek vir 3) 32 Besembos Avenue Kempton Park 1619 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.0930485 28.2192323

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang