Pollocks Place
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Montagu-straat 6, Blanco, George, 6531, Wes-Kaap
- Vanaf R750 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Pollocks Place bied gerieflike selfsorgverblyf in Blanco, 'n voorstad sowat 5 km van George se middestad af.
Daar is 4 selfsorgwoonstelle en 'n kothuis. Die perseel grens aan die bekende Fancourt Gholfbaan.
Elke eenheid het 'n kombuis, 'n leefarea met sekere DStv-kanale en WiFi. Beide die woonstelle en die kothuis het 'n veilige ingang en elkeen het slaapplek vir 2 tot 4 gaste.
Pollocks Pizza Cafe, 'n restaurant met 'n kroeg en buitebraai-area, is op dieselfde perseel as die woonstelle - wat bo geleë is - en die kothuis om die hoek. Pollocks 2 het sy eie gas-braai, terwyl Pollocks 3, 4 en 5 'n gemeenskaplike braai het op 'n buite dek. Al die eenhede het induksieplate en mikrogolfoonde, maar geen oonde nie. Pollocks Cottage is 'n gerieflike, losstaande eenheid.
George bied 'n verskeidenheid van geleenthede soos 4x4-roetes, bergfiets roetes, gholf, voetslaan roetes, wynproe en nabye strande soos by Victoriabaai en Heroldsbaai. George is binne 50 km van die dorpe Wildernis, Sedgefield, Mosselbaai en Oudtshoorn.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Trix Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 154
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Montagu-straat 6, Blanco, George, 6531, Wes-Kaap
- Gaste dink Pollocks Place het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Montagu-straat 6, Blanco, George, 6531, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang