Pondoro Game Lodge
- Kapasiteit: 16 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Pondoro Wildlodge, Balule Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R15 850 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Die Balule Privaat Natuurreservaat is aan die oewer van die Olifantsrivier in die groter Krugerwildtuin-area geleë en beslaan 50 000 hektaar se bosveld. Pondoro Game Lodge bied gerief, verfynde elegansie en die perfekte agtergrond vir 'n onvergeetlike Afrika-vakansie.
Die klein, eksklusiewe lodge bied 16 slaapplekke in 8 eenhede wat al langs die grootste standhoudende rivier in die Krugerwildtuin geleë is. Elk van die 3 chalets is smaakvol versien met 'n Afrika-tema. Al die chalets het en suite-badkamers, lugversorging, muskietnette en houtdekke.
Elk van die 5 luukse suites het lugversorging en is spesiaal ontwerp om alle moderne geriewe in 'n ongerepte omgewing te bied. Elkeen van die suites het 'n privaat houtdek met 'n Jacuzzi met 'n natuurlike ontwerp, 'n sitarea buite en 'n buitestort vir diegene wat avontuurlustig is.
Elke oggend en namiddag is daar 'n safari in 'n oop wildkyk-voertuig waar die Groot 5 nagespoor word. Dis nou buiten al die ander wild wat jy kan besigtig met die ervare wildbewaarders en spoorsnyers vir 'n onvergeetlike safari. Daar is beperkte voertuie in die groot reservaat en daar word net 2 per wildbesigtiging toegelaat, so eksklusiwiteit word verseker.
Die maaltye is 'n uitsonderlike fynproewerservaring waar tradisionele Afrika-kookkuns en die nuutste Europese neigings saamsmelt. Kies een van die goeie wyne uit die bekroonde kelder om jou dis te komplementeer. Alle maaltye word op 'n houtdek hoog tussen die boomtoppe bedien waar jy kan oor die Olifantsrivier kan tuur.
Pondoro is naby Hoedspruit en kan maklik per motor bereik word. Dis ook naby die Phalaborwa- en Hoedspruithek (Eastgate) en die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Pondoro Wildlodge, Balule Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 16 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Pondoro Wildlodge, Balule Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang