Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Parys Overnight Stay

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oranjestraat 17, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Parys Overnight Stay bied bekostigbare oornagverblyf in die bekoorlike dorpie Parys. Die huis is sentraal geleë naby verskeie geriewe en besienswaardighede in die dorp. Dit beskik oor 3 gastekamers wat individueel versier is en is ideaal vir 2 paartjies en 4 kinders.

Die eerste kamer is bo en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging en 'n koffiemasjien wat met kapsules werk.

Die tweede kamer is op die grondverdieping en het 'n koningingrootte-bed, 'n waaier en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die derde kamer is ideaal vir kinders en het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed. Dié kamer het ook 'n plafonwaaier en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Geriewe op die perseel sluit tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond en toegang tot 'n binnehof in. Let dat die eenheid nie vir selfsorg toegerus is nie en dat daar nie enige bakgeriewe, braaigeriewe, kookgeriewe of opwasgeriewe is nie. Die perseel is stapafstand vanaf sowat 10 restaurante en wegneemeetplekke.

Aktiwiteite in Parys sluit kunsvlieghengel, riviervlotvaar, spa's, tandem-vryval, bergfietsry en Dome Wêrelderfenistoere in. Parys het 'n verskeidenheid restaurante, koffiewinkels, 'n gin-kroeg en 2 boetiekbierbrouerye.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Toilet met bidet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet met bidet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Gedeelde dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Hilmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Oranjestraat 17, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Parys Overnight Stay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oranjestraat 17, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA779612d8b8946631d1e66e10d0bbfded1036895d2d26b815b8bd99ae366294e15612a83cd38ff0da7b0b23916b0204e47239?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 6 mense 18 5 1 5 17 Oranje Street Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -26.898027115942 27.459836495107

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang