Port Owen Self-catering
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elizabeth East 54B, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Port Owen Self-catering is 'n dubbelverdieping-eenheid op die waterfront van Port Owen Marina naby Velddrif. Die verblyf is naby verskeie besienswaardighede soos die Weskus Nasionale Park, gholfbane, Weskus Fossielpark, Stompneusbaai en die Weskus Mall geleë.
Die verblyf bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers wat dit ideaal vir gesinne of groepe vriende maak. Die ruim hoofslaapkamer en eerste badkamer is albei op die boonste verdieping geleë. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, lugversorging en 'n privaat balkon wat 'n uitsig oor die kanaal bied. Die badkamer het 'n bad en 'n aparte stort. Daar is ook 'n slaapbank op die boonste verdieping wat slegs vir kinders geskik is.
Die oorblywende 3 slaapkamers is op die grondverdieping geleë en gaste deel 'n badkamer met 'n stort. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 'n dubbelbed het. Daar is 'n derde slaapkamer met stapelbeddens. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, skottelgoedwasser en kombuisgereedskap toegerus. Die oopplan-sitarea en -eetarea het 'n platskerm-TV, kaggel en etenstafel. Die DStv-pakket is die basiese gastehuispakket en daarom is nie al die kanale beskikbaar nie. (Let wel. sportkanale is beskikbaar, maar ongelukkig nie kinderkanale nie).
Daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en plek vir 'n twee voertuie agter dié parkeerplek.
Doendinge in die omgewing sluit vaarte op die Bergrivier, wandelroetes, visvang, uitstappies na die Cerebos-soutfabriek en voëlkyk in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Liana Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Elizabeth East 54B, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
- Gaste dink Port Owen Self-catering het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elizabeth East 54B, Port Owen, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang