Portland Manor
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Deel 30 van die Plaas Portland Nr. 183, 8 km vanaf Rheenendal, 6576, Wes-Kaap
- Vanaf R1 530 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Portland Manor is 'n prentjiemooi, plattelandse landgoed en hotel wat op 'n werkende plaas tussen Rheenendal en Knysna geleë is. Die geskiedkundige herehuis is teen die voorheuwels van die Outeniekwabergreeks tussen lowerryke plantegroei geleë en dit bied 'n pragtige uitsig.
Gerieflike verblyf word in ruim en gemaklike Deluxe, Standaard- en Gesinskamers gebied met 'n geskiedkundige Victoriaanse gevoel. Elke smaakvolle suite het 'n en suite-badkamer, 'n slim-TV en tee- en koffiemaakgeriewe.
Gaste het toegang tot 'n ruim sitarea en gratis WiFi word voorsien. Ontbyt kan elke oggend geniet word.
Die herehuis het sy eie restaurant en gaste kan ook in die swembad afkoel, 'n piekniek langs die meer geniet of lekker deur die woud gaan stap.
Aangesien die herehuis langs die Knysnawoud geleë is, kan gaste die pragtige wildernis gaan verken en deelneem aan talle buitelugaktiwiteite, soos visvang, staptogte, kanoovaart en kajakvaart.
Die omgewing is perfek vir natuurliefhebbers aangesien daar 'n verskeidenheid ou bome en baie voëls is. Portland Manor is naby 'n rits eetplekke, natuurreservate, parke, strande en plaaslike markies. Die omliggende area bied ook talle aktiwiteite insluitend rekspring, walviskyk, oestertoere, skopfietstoere deur die Knysnawoud, valskermsweef en seiljagvaarte.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Jolene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Deel 30 van die Plaas Portland Nr. 183, 8 km vanaf Rheenendal, 6576, Wes-Kaap
- Gaste dink Portland Manor het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 40 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Deel 30 van die Plaas Portland Nr. 183, 8 km vanaf Rheenendal, 6576, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang