Primespot
- Kapasiteit: 23 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kabeljou-weg, Birkenhead, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R4 200 per nag (plek vir 23)
Beskrywing
Primespot is 'n ruim selfsorg vakansie strandhuis wat net 'n paar meter van die seewater af geleë is. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n groot gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n kuswegbreek, want hierdie eiendom het asemrowende see-uitsigte.
Hierdie eenvoudige eiendom is ideaal vir groepe en beskik oor 8 slaapkamers en 5 badkamers. Daar is 4 slaapkamers wat met 'n dubbelbed ingerig is, 2 slaapkamers met 'n driestapelbed in elk, nog 'n kamer met 2 stapelbeddens, 'n dubbelbed en 'n enkelbed en nog 'n kamer met 'n enkelbed. Boonop is daar 'n dubbelbed en 3 enkelslaapbanke in die leefarea. Vir ekstra gaste kan matrasse en beddegoed gereël word. Beide bad- en stortgeriewe is in die huis beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n sitkamer en etenstafel. Boonop het hierdie huis 'n wonderlike onthaalarea met 'n pooltafel, 'n veerpyltjiebord en oorgenoeg gemaklike sitplek. Daar is ook 'n binnebraaikamer met baie eetplek asook 'n TV met Netflix. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n sonnige patio met sitplek buite en 'n draagbare braai. Hierdie patio het 'n houtbrandbad wat ideaal is vir gaste om te ontspan terwyl hulle die uitsigte bewonder. Tydens beurtkrag word die eiendom gerugsteun deur sonpanele en 'n kragopwekker. Die ligging van hierdie huis is naby Dangerpoint-vuurtoring in Kruismansbaai, net buite Gansbaai.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Tripelstapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Tripelstapelbed
Leefarea
3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Bad
Badkamer
Bad
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Sanmarie Geverifieer
Eiendomme 28
Resensies 48
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Kabeljou-weg, Birkenhead, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Primespot het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 23 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kabeljou-weg, Birkenhead, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang