Pringle Sunsets
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: ERF 1099 Hilton Circle, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 130R1 811 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Pringle Sunsets bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ontspanne, moderne huis in Pringlebaai naby die strand en strandmeer.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en bied verblyf aan 6 gaste. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het en 1 slaapkamer met 'n dubbelbed. Die 2 badkamer het bad- en stortgeriewe. Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n groot yskas, oond en stoof en 'n mikrogolfoond, koffiemasjien, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, glasware, kombuisware, potte en panne.
Ander geriewe sluit goeie WiFi en veilige parkeerplek, asook 2 kaggels vir die kouer dae in. Daar is ook baie bordspeletjies vir vermaak. Die huis het 'n vermaakarea met dekke wat ’n pragtige uitsig op die berge bied, asook 'n houtvuurwarmbad vir ontspanning om die Afrika-sterre saans te geniet. Let asb. dat dit ’n baie stil area is.
Die huis is binne stapafstand na Pringlebaai se strand en die strandmeer. Die dorpie bied goeie restaurante, deli's, 'n bakkery, kunsgalerye, winkeltjies en 'n klein Saterdagoggend-mark.
Die kusdorp van Pringelbaai het nie straatligte nie en jy kan die hemelruim saans geniet. Pak die fietse en stapskoene, en geniet die natuur, watervalle, buurdorpe en wynkelders. Dit is ook op die Walviskus-roete.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
Maaltye Aangebied
- Tee
Konferensiegeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Jacuzzi
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Kaggel
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Karla Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- ERF 1099 Hilton Circle, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Gaste dink Pringle Sunsets het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pringlebaai Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: ERF 1099 Hilton Circle, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang