Private Penthouse Suite
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Napierstraat 34, De Waterkant, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Private Penthouse Suite is in De Waterkant in Kaapstad geleë en bied elegante verblyf vir sakereisigers of vakansiegangers. Die woonstel is in 1 van die lewendigste areas van Kaapstad en is met restaurante, kroeë en 'n gimnasium omring. Dit is 1 km van die bekende V&A Waterfront, flieks, restaurante, Groenpuntpark en -stadion en gewilde koffiewinkels soos Origin en Bootleggers af.
Dié luukse en goed-toegeruste woonstel laat niks te wense oor nie. Dit is stylvol versier met 'n ruim leefkamer en 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Dit spog met tydlose dekor en outentieke Classic Revivals-meubels. Die ruim kamer het slaapplek vir 1 of 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die woonstel het 'n moderne kombuis wat vir selfsorg toegerus is. Die slaapkamer het 'n platskerm-TV wat afslaan.
Veilige parkeerplek is in 'n motorhuis beskikbaar.
Die Classic Design Apartment kombineer klassieke- en moderne-elemente. Die eenheid het simmetrie, is ruim en lig en speel met kleure om 'n kalm atmosfeer te skep. Die meubels is 'n eklektiese mengsel van agtiende-eeuse antieke en moderne klassieke- en kontemporêre stukke.
Die woonstel is op die eerste verdieping en bied asemrowende uitsigte van Tafelberg en die De Waterkant-area.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Burger Geverifieer
Eiendomme 29
Resensies 108
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Napierstraat 34, De Waterkant, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Gaste dink Private Penthouse Suite het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Napierstraat 34, De Waterkant, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang