Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Prospect Farm Cottages

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 218, Klyne Fontyn Plaas, George, 6530, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Prospect Farm Cottages bied selfsorgverblyf aan die voet van die Outeniekwaberge in Geelhoutboom, George. Die verblyf is ideaal vir gaste wat uit die gewoel van die stad wil ontsnap en op soek is na 'n voëlkykparadys.

Verblyf is in 3 klip-selfsorgkothuise beskikbaar. Die twee grasdakkothuise het slaapplek vir 4 gaste elk en beskik oor 1 slaapkamer en 2 badkamers. Die slaapkamers het gemaklike beddens, gehaltelinne en badhanddoeke. Elke kothuis het 'n kombuis wat met 'n yskas, mikrogolf, tweeplaatstoof, oond en ketel toegerus is, asook 'n sitarea en 'n eetarea met 'n elektriese kaggel. Die kothuise het ook privaat braaigeriewe, TV's met alle DStv-kanale en onbeperkte WiFi.

Die dubbelverdiepingkothuis beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort. Die tweede slaapkamer het 2 kinderbeddens. Die kothuis beskik oor 'n oopplan-kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, ketel en 'n yskas toegerus is. Daar is ook 'n sit- en eetarea met 'n ingeboude pizza-oond en 'n braai. 'n Slim-TV met alle DStv-kanale en onbeperkte WiFi word voorsien.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike onderdak-lapa, 'n rotspoel en veilige onderdakparkeerplek. Daar is ook 'n speelarea vir kinders en welige groen grasperke waar kinders kan speel. Die plaas en omgewing bied 'n verskeidenheid aktiwiteite, insluitend veilige en privaat stap- en drafroetes in die woud en op die plaas, roeibootjies, bergfietsroetes, piekniekplekke, visvang, gholf en swemstrande. Gaste kan ook eenvoudig net ontspan en die rustige plaaslewe geniet.

Die verblyf het kragopwekkers en word daarom nie deur beurtkrag geraak nie. Dit is net 12 km vanaf Fancourt Gholflandgoed, 13 km vanaf George Lughawe, 22 km vanaf George se middestad en 22 km vanaf die naaste strande in Heroldsbaai en Glentana geleë.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Loren C
Gesin met klein kinders
5.0
Dis 'n gem. Ons het 'n wonderlike tyd gehad.
Aug 2024
Nevallisha J
Gesin met klein kinders
5.0
Nothing short of amazing. Our stay was absolutely amazing. We haven't had such an amazing break away in a while. The views of the sun r...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Lindsey G
Gesin met tieners
5.0
Refreshing for the soul. We thoroughly enjoyed our weekend. What an idyllic getaway in the most beautiful setting.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Desiré V
Gesin met tieners
5.0
Manna vir die siel. Ons kuier was fantasties. Elize is 'n wonderlike gasvrou en het ons vinnig laat welkom voel. Die vars "skons" met botter en konfyt...
Sien meer
Jul 2024
Bronwyn S
Gesin met tieners
5.0
Prospect Farm Cottages is a gem. This is the most beautiful place. The host goes out of her way to make you feel welcome and at home. T...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elize Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 11 maande

Ligging

  • Plaas 218, Klyne Fontyn Plaas, George, 6530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Prospect Farm Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

George Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 218, Klyne Fontyn Plaas, George, 6530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0db5ac42742ae6a78e4afac483f473bad6987e005f0947542923dba094f29ad4612f63232270715929746557bac46ce54693?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 4) 17 5 1 5 Farm 218 Klyne Fontyn Farm 6530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.93250434942 22.304663141258

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang