Prosperita
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Martin en
Gretha
Eiendomme 1
Resensies 64
Op LekkeSlaap 8 jaar
Opsomming van Resensie
Burnadine V - Mei 2024
Algehele gradering
Beste in KZN!
Prosperita se terugvoer
Hi Burnadine
Baie dankie vir die mooi terugvoer, maar die kompliment verdien julle as gaste 100 keer meer. Julle is die ideale gaste, baie konsidererend, vreeslik netjies en dit is heerlik as julle tuis voel. Dankie dat julle ons gekies het om julle spesiale vakansie te kon geniet en ons hoop om weer die voorreg in die toekoms te kan hê om julle te kan akkommodeer.
Marius S - Mrt 2024
Algehele gradering
Fantasties.
Bernadine K - Des 2023
Algehele gradering
Our stay was made truly memorable by this accommodation.
Lees meerRichaardt P - Jan 2024
Algehele gradering
Aangenaam verras met die hele pakket.
Desiree V - Mei 2024
Algehele gradering
Heerlike tyd gehad mar ongelukkig te kort gewees. Ons sal weer terug wees!
Prosperita se terugvoer
Hi Desiree, baie dankie vir die pragtige boodskap. Jy is sowaar enige eienaar se droom gaste en dit is baie lekker om te hoor dat jy dit geniet het. Dankie dat jy die woonstel so netjies gelos het. Dankie ook vir die bederf en ek kan nie wag om jou weer te akkommodeer in die toekoms nie.
Petria T - Okt 2023
Algehele gradering
Dit is 'n pragtige plek, fantasties toegerus, stil en veilig.
Linda D - Aug 2023
Algehele gradering
A perfect getaway.
Christiaan D - Apr 2023
Algehele gradering
Baie lekker gewees.
Malcolm S - Mrt 2023
Algehele gradering
Baie lekker gewees. Stil area.
Prosperita se terugvoer
Hi julle
Sjoe, baie dankie vir die positiewe terugvoer. Van ons kant af wil ek net dankie sê dat julle die woonstel so skoon gelos het en ons sal julle enige tyd terug verwelkom. Julle is baie bedagsame gaste en all eienaars kan julle met ope arms verwelkom.
Mellisa S - Mrt 2023
Algehele gradering
Most amazing time.
Lees meerProsperita se terugvoer
Hi Mel
Thank you so much for the kind words. I'm so glad to hear that you enjoyed your stay, and I hope that we will have the pleasure in accommodating you in the near future. Have a lovely weekend.
Cherise B - Jan 2023
Algehele gradering
Was heerlik, dankie.
Angelique K - Jan 2023
Algehele gradering
Ons het baie lekker gekuier dis 'n vreeslike oulike en netjiese plek.
Annie C - Jan 2023
Algehele gradering
Better than a 5-star hotel!
Erika B - Des 2022
Algehele gradering
Prosperita is eerste klas en hoogs aanbeveel!
Anne P - Aug 2022
Algehele gradering
Heerlik.
Christa O - Jul 2022
Algehele gradering
Fantasties!
Prosperita se terugvoer
Hi Christa, baie dankie vir die mooi kompliment. Ek is so bly julle het dit geniet en ons hoop retig dat ons julle in die toekoms weer sal kan akkommodeer.
Groete,
Gretha
Lauren D - Mrt 2022
Algehele gradering
Spotless and neat.
Angelika D - Apr 2022
Algehele gradering
Waarde vir geld. Baie netjies en goed ingerig. Baie ruim.
Danie H - Mrt 2022
Algehele gradering
Fantasties!
Prosperita se terugvoer
Hallo Danie, baie dankie vir die kompliment. Dit is altyd lekker om te weet dat ons plekkie soos huis gevoel het en dat julle lekker gerus het. Julle was baie konsidererende gaste en dit maak my werk maklik. Hopelik sien ons julle sommer gou weer.
Tanya K - Mrt 2022
Algehele gradering
Baie mooi huisie met die mooiste uitsig.
Prosperita se terugvoer
Hi Tanya - Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Dit was heerlik om julle as gesin te kon ontmoet, en sien daarna uit om julle weer in die toekoms te kan huisves.
Edward V - Okt 2021
Algehele gradering
Perfect like last time.
Ernst F - Okt 2021
Algehele gradering
Dit was baie aangenaam, sal dit enige tyd aanbeveel.
Rochelle B - Okt 2021
Algehele gradering
Ongelooflik lekker gekuier. Die plekkie is netjies, skoon en baie goed toegerus.
Simon G - Mei 2021
Algehele gradering
Excellent, comfortable, safe.
Martie S - Apr 2021
Algehele gradering
Wonderlike, snoesige plekkie waar ek en my man heerlik vakansie gehou het.
Michelle G - Apr 2021
Algehele gradering
Goeie waarde vir geld.
Liezl P - Apr 2021
Algehele gradering
Tuis by die huis atmosfeer.
Esda E - Mrt 2021
Algehele gradering
Was fantasties.
Esmeralda V - Mei 2021
Algehele gradering
Heerlik gekuier!
Karen A - Feb 2020
Algehele gradering
We had a wonderful stay at Prosperita - it is beautiful, well-equipped and the owners Martin and Gretha are awesome - they go out of their way to make sure you feel welcome and are comfortable.
Sonja S - Jan 2020
Algehele gradering
Dit was baie lekker en die skoonste plek waar ons nog vakansie gehou het.
Edward V - Nov 2020
Algehele gradering
Going the extra mile.
Annie D - Aug 2019
Algehele gradering
Dit was ons huisie weg van die huis.
Prosperita se terugvoer
Hi Annie .
Baie dankie vir die mooi komplimente in ons gasteboek asook op die webstuiste.
Ek hoop van harte dat ons n volgende verjaarsdag ook spesiaal kan maak vir julle.
Baie Groete,
Gretha
Lee S - Jul 2019
Algehele gradering
Onverbeterlik.
Prosperita se terugvoer
Hi Lee, baie dankie vir die kompliment. Dit was so lekker gewees om julle te ontmoet en nuwe vriende te maak.
Dit sal vir ons 'n voorreg wees om julle weer in die toekoms te kan akkommodeer.
Groete, Martin en Gretha.
Lezel H - Jun 2019
Algehele gradering
Fantasties!
Michelle N - Apr 2019
Algehele gradering
Flippen amazing!
Naomi M - Apr 2019
Algehele gradering
Uiters luuks en smaakvol. Baie gerieflik.
Joan V - Mrt 2019
Algehele gradering
Dit was awesome, perfek!
Adele V - Jan 2019
Algehele gradering
Fantasties, baie skoon en eenheid goed versorg.
Stephanie K - Jan 2019
Algehele gradering
Gerieflik en waarde vir geld.
Johann V - Aug 2018
Algehele gradering
Ons het 'n fantastiese tyd by Prosperita gehad.
Prosperita se terugvoer
Hi Johan,
Dit was n voorreg gewees om julle as gaste te kon akkommodeer.Baie dankie vir die positiewe terugvoer.
Julle was voorwaar die ideale gaste gewees, en ons hoop om julle weer eendag te kan huisves.
Groete,
Martin en Gretha
Juané H - Apr 2018
Algehele gradering
Absoluut fantasties.
Jerobeo J - Feb 2018
Algehele gradering
Uitstekende verblyf.
Margreeth M - Jan 2018
Algehele gradering
Baie gerieflike en pragtig verblyf.
Prosperita se terugvoer
Hi Margreeth en gesin,
Dit was vir ons 'n voorreg gewees om julle te kon ontmoet, asook julle famillie vanaf Nederland. Baie dankie vir julle positiewe terugvoer, en dit is altyd lekker as ons huis soos julle eie tuiste voel. Ons hoop om julle sommer gou weer in die nabye toekoms te kan huisves. Groete, Martin en Gretha.
Tiaan A - Aug 2018
Algehele gradering
Perfek.
Jaun-mare V - Nov 2017
Algehele gradering
Fantasties! Fantasties!
Prosperita se terugvoer
Hi Jaun -mare,
Dit was baie lekker gewees om julle te kon ontmoet. Dankie vir die gesels en ook die gemaklikheid waarmee julle ons ontvang het en toegelaat het om 'n week deel te kon wees van julle gesin. Ons hoop regtig dat ons julle sommer gou weer sal sien en baie dankie ook vir die mooi komplimente. Groete, Martin en Gretha
Colene P - Nov 2017
Algehele gradering
Ek het nie genoeg woorde om te beskryf hoe wonderlik dit is nie!
Prosperita se terugvoer
Hi Colene, dit was 'n voorreg gewees om julle as gesin te kon ontvang. Baie dankie dat julle Prosperita gekies het om julle vakansie spesiaal te maak. Dit is altyd lekker om terugvoering vanaf die gaste te kry. Dit hou ons op hoogte van gaste se verwagting van ons. Julle was die ideale kuiermense en ons hoop nie dat dit die laaste see-vakansie by ons sal wees nie.
Groete, Martin en Gretha.
Beukes V - Sep 2017
Algehele gradering
Skoon, netjies en presies soos voorgestel in advertensie. Vriendelike ontvangs en baie akkommoderend.
Bennedette S - Aug 2017
Algehele gradering
Dit was 'n rustige, skoon, warm verblyf.
Prosperita se terugvoer
Hi Bennedette, baie dankie vir die mooi terugvoer ons waardeer elke kompliment.
Groete,
Gretha
Jannie E - Jul 2017
Algehele gradering
Dit was regtig 'n plesier om in so goed versorgde eenheid tuis te gaan.
Lees meerProsperita se terugvoer
Beste Jannie en gesin -Dit was voorwaar n plesier om julle vir die kort tydjie by ons te kon huisves. Hopelik in die toekoms laat die tyd toe om veel langer by ons te kom ontspan. Ons streef daarna om vir al ons gaste gemak met n tikkie ekstra te bied en daarom wil ons ook dankie sê vir die pragtige terugvoer. Dit is so lekker om mense te kan bederf en dat hulle herinneringe kan saamvat van n onvergeetlike wegbreek. Sien uit na die volgende ontmoeting.Groete Martin en Gretha
Tinie P - Jun 2017
Algehele gradering
Uitstekend!
Prosperita se terugvoer
Hi Tinie, Baie dankie vir julle positiewe terugvoer oor Prosperita. Dit is altyd lekker om nuwe vriende te ontmoet en ons hoop om julle weer te kan huisves in die toekoms.
Vriendelike Groete,
Martin en Gretha
Michelle C - Apr 2017
Algehele gradering
Dit was fantasties!
Prosperita se terugvoer
Hi Michelle, baie dankie dat julle ons plekkie gekies het om julle voorbereidings te doen vir die troue. Julle was super maklike gaste gewees so dus was dit glad nie moeilik om julle wense te kon vervul nie. Dankie ook vir die mooi terugvoering, ons waardeer dit regtig baie. Ons hoop dat julle gou weer sal kom kuier, want ons huis is nou ook julle huis.
Groete
Gretha
Chrisetta E - Jan 2017
Algehele gradering
Dit was wonderlik.
Prosperita se terugvoer
Hi Chrisetta,
Baie dankie vir die kompliment.Ons sien uit daarna om julle weer te kan huisves.
Groete
Martin en Gretha
Louis D - Des 2017
Algehele gradering
Perfekte familievakansieplek!
Trudie S - Des 2017
Algehele gradering
Ons het die hele tyd wat ons daar was baie welkom gevoel en die woonstel was gerieflik, stylvol en baie netjies wat ons verblyf uiters aangenaam gemaak het.
Lees meerAdel M - Sep 2017
Algehele gradering
Baie netjiese privaat verblyf, met spesifieke aandag aan die "personal touch" om jou spesiaal te laat voel!
Marie-heleen L - Feb 2017
Algehele gradering
'n Pragtige waarde vir geld tuiste met lieflike see-uitsig en vriendelike gasheer en gasvrou.
Prosperita se terugvoer
Hi Marie-Heleen
Dankie vir die mooi woorde ons waardeer dit opreg.Ons hoop dat ons julle sommer gou weer sal kan akkomodeer .
Groete
Gretha
Michelle V - Jul 2017
Algehele gradering
Onvergeetlik.
Prosperita se terugvoer
Hi Neels ons is verheug om te hoor dat julle die vakansie geniet het en dat dit voel soos julle eie huis.Baie dankie vir die komplimente dit hou ons op ons tone om te weet wat gaste wil he.Ons hoop om julle as famillie sommer gou weer te kan huisves.
Groete Martin en Gretha
Shereen D - Des 2016
Algehele gradering
Even nicer than the pictures.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Mooier as die prentjies.
Die plek was selfs mooier as die foto's en die pragtige bederfies soos koffie, beskuit, melk en sjokolade, was 'n wonderlike verrassing. Gretha was baie hartlik en vriendelik en het ons welkom laat voel by haar lieflike instansie.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Prosperita se terugvoer
Dear Shereen
Thank you very much for the lovely review of our place .It was a pleasure having your family and friends with us. I'm actually the one that must compliment your girls on their housekeeping skills. They tidied up the entire unit, even did the dishes and made their beds totally unexpected and to my surprise. You can be very proud of raising girls with respect to other people and looking after someone else's place as if it's their own. Please pass on my appreciation and thanks to them as well. We hope that we will be able to accommodate you again in the nearby future. Many Thanks Gretha
Rolandi N - Jul 2016
Algehele gradering
Luukse, veilige verblyf in 'n pragtige area.
Prosperita se terugvoer
Geagte Rolandi
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer dit word opreg waardeer. Ons streef daarna om n tuiste weg van die huis te skep vir ons gaste en ons hoop om julle gou weer te sien vir 'n kuier.
Groete
Martin en Gretha
Santi G - Mrt 2016
Algehele gradering
Uitstekend!
Lees meerProsperita se terugvoer
Hi Santie
Dit was so lekker gewees om julle as gesin te kon ontvang.Dit maak ons werk net nog meer bevredigend as ons weet ons gaste is gelukkig en hulle wil weer vir ons kom kuier.Baie dankie ook vir die mooi komplimente.Sien julle verseker volgende jaar weer.
Groete
Martin en Gretha
Jeannette R - Des 2016
Algehele gradering
Dit was fantasties.
Prosperita se terugvoer
Hi Jeannette
Baie dankie vir julle positiewe terugvoer. Ons waardeer ook julle moeite om aan ander van ons plekkie te vertel. Ons sien definitief daarna uit om julle weer te akkomodeer.
Vriendelike Groete
Gretha
Manie Z - Feb 2016
Algehele gradering
Baie lekker.
Prosperita se terugvoer
Beste Manie en Gesin
Baie dankie vir julle positiewe terugvoer.Dit is altyd lekker om nuwe mense te ontmoet en te weet dat hulle hier wegstap as vriende.
Ons hoop dat julle gou weer by ons sal kom kuier.
Vriendelike Groete
Martin en Gretha
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Pariciaweg 31, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang