Puddles Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kamberg-weg, Vaalekopvallei, Rosetta, 3301, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 800 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Puddles Cottage is 'n privaat kothuis in die prentjiemooi KwaZulu-Natalse Middellande sowat 7 km vanaf Rosetta. Die privaat kothuis is op die eienaar se perseel en het 'n aparte ingang.
Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Beide slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en gaste deel die badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die kombuis is met 'n yskassie, tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, wasmasjien, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Verder het die eenheid ook 'n losstaande kaggel in die sitarea wat na 'n beskutte stoep met 'n etenstafel, sowel as 'n oop voortuin lei.
Gaste kan die eiendom verken terwyl hulle die natuurgeluide geniet. Gaste het toegang tot 'n dam geskik vir visvang of kanovaart. Daar is 'n klein heuwel op die perseel wat uitsigte oor die omgewing en die Spring Grove Dam bied. Aktiwiteite in die Kamberg-area sluit voetslaan, visvang, stap en motorfietsry in.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Agnes Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Kamberg-weg, Vaalekopvallei, Rosetta, 3301, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Puddles Cottage het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kamberg-weg, Vaalekopvallei, Rosetta, 3301, KwaZulu-Natal