Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pumpkin Tree Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vosstraat 7, Groenkol, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Pumpkin Tree Guesthouse is in die rustige Groenkolbuurt van Middelburg geleë. Die area is rustig en straal kalmte uit, so gaste kan 'n lieflike rustydjie met uitstekende diens en gasvryheid verwag.

Verblyf word gebied in 8 uniek versierde kamers, almal met aparte ingange en en suite-badkamers. Die kamers het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens wat oorgetrek is met vars, wit linne. Handdoeke word ook voorsien. Ander geriewe in die kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi in. Alhoewel ons nie rook in die kamers toelaat nie, is daar 'n aangewese rookarea.

Die lieflike, ruim eetkamer, met 'n uitsig oor die lowerryke tuin en swembad, bied heerlike ontbyt vir diegene wat vroeg uit die vere is én vir laatslapers. Daar is ook 'n watertand-snoepkroeg op die perseel en geurige koffie word in die eetkamer bedien. Maaltye en eetpakkies kan op versoek voorsien word.

Pumpkin Tree Guesthouse is slegs 'n uur se ry van Johannesburg en Pretoria, 407 km van die Krugerwildtuin en 416 km van die Mosambiekgrens af. Dis dus die ideale oornagplek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Petro F
Saam met lewensmaat
5.0
Ek sal sê dit 'n juweel in Middelburg. Hierdie was nou 'n heerlike oornagplekkie. Ek sal sê dit is 'n juweel in Middelburg. Die gasvrou het ons dadeli...
Sien meer
Sep 2024
Jacob O
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike gasvrou, netjies en skoon akkommodasie. Was 'n wonderlike oornagplekkie. Skoon, netjies en baie warm verwelkoming. Sal hulle beslis aanbeve...
Sien meer
Mei 2024
Michelle B
Saam met lewensmaat
5.0
Home away from home. Was 'n wonderlike wegbreek vir een aand, rustige, stil atmosfeer het baie lekker ontspan!
Des 2023
Casper L
Saam met vriende
5.0
Heerlike oorslaapplekkie. Baie skoon, netjies en mooi. Ontbyt was heerlik en ons was baie vriendelik ontvang. Baie goeie waarde vir geld.
Aug 2023
Yolande L
Besigheidsreis
5.0
Wonderlike ervaring in rustige vriendelike atmosfeer, home away from home. Ek eet nie vroeg ontbyt nie en ek het heerlike kospakkie as altenatief gekr...
Sien meer
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Anita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Vosstraat 7, Groenkol, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Pumpkin Tree Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vosstraat 7, Groenkol, Middelburg, 1050, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc673be455b0efb8c6f17d1f63f11ead8b7e5d5a5da40a0b7eb0c5daddcc6bad08e007c57b37d6c636e8f7dd86f108a58fabb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 7 Vos Street Groenkol 1050 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.780309115348 29.458796780404

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang