Pumpkin Tree Guesthouse
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vosstraat 7, Groenkol, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Pumpkin Tree Guesthouse is in die rustige Groenkolbuurt van Middelburg geleë. Die area is rustig en straal kalmte uit, so gaste kan 'n lieflike rustydjie met uitstekende diens en gasvryheid verwag.
Verblyf word gebied in 8 uniek versierde kamers, almal met aparte ingange en en suite-badkamers. Die kamers het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens wat oorgetrek is met vars, wit linne. Handdoeke word ook voorsien. Ander geriewe in die kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi in. Alhoewel ons nie rook in die kamers toelaat nie, is daar 'n aangewese rookarea.
Die lieflike, ruim eetkamer, met 'n uitsig oor die lowerryke tuin en swembad, bied heerlike ontbyt vir diegene wat vroeg uit die vere is én vir laatslapers. Daar is ook 'n watertand-snoepkroeg op die perseel en geurige koffie word in die eetkamer bedien. Maaltye en eetpakkies kan op versoek voorsien word.
Pumpkin Tree Guesthouse is slegs 'n uur se ry van Johannesburg en Pretoria, 407 km van die Krugerwildtuin en 416 km van die Mosambiekgrens af. Dis dus die ideale oornagplek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Anita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 34
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Vosstraat 7, Groenkol, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Gaste dink Pumpkin Tree Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Groenkol Middelburg Loskopvallei Mpumalanga
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vosstraat 7, Groenkol, Middelburg, 1050, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang