Pumula Bush Main House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R9 999 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Pumula Bush Main House is tussen die berge van die bekende Mabalingwe Natuurreservaat versteek. Dit is 'n lieflike toevlugsoord in die wilde prag van die bosveld. Die ruim en aanloklike huis bied selfsorgverblyf en is ideaal vir natuurliefhebbers en vakansiegangers op soek na 'n outentieke bosveldwegbreek.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n aparte toilet. Daar is slaapplek vir 8 gaste. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke wrod voorsien.
Die oopplan-leefarea en -kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, gasstoof, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die huis het ook 'n Nespresso-masjien maar gaste moet hul eie koffiekapsules saambring. Die ruim leefarea het 'n TV met DStv, lugversorging, 'n etenstafel, gemaklike sitplek en 'n glasskuifdeur wat lei na 'n onderdakbalkon met buitesitplek en ingeboude braaigeriewe met 'n uitsig oor die bosveld.
Gratis WiFi en veilige parkeerplek is beskikbaar. Die huis het ook 'n swembad met sonstoele. Gaste het toegang tot alle geriewe in die reservaat insluitend verhitte swembaddens, tennis- en muurbalbane, 'n dameskroeg, gelisensieerde restaurante, perdryritte, begeleide wildritte, 'n kinderspeelarea, 'n springkussing en minigholf.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wildritte
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Tsholofelo Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 12
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Sien meer verblyf in Mabalingwe Nature Reserve Limpopo
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mabalingwe Natuurreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang