PurePlaas
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Sonja Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Op LekkeSlaap 4 jaar
Opsomming van Resensie
Gerrie J - Des 2023
Algehele gradering
Bakgat, rustig en salig.
PurePlaas se terugvoer
Gerrie, baie dankie vir julle resensie. Ons waardeer dit opreg. Dit Klein Karoo is altyd spesiaal om te besoek en ons is baie bly dat PurePlaas Selfsorg vir julle 'n hoogtepunt was. Voorspoed vir 2024.
PurePlaas groete,
Johan en Sonja.
Liza B - Jul 2023
Algehele gradering
Verwelkomend en baie gerieflik.
PurePlaas se terugvoer
Liza, baie dankie vir jou resensie. Ons is bly as julle die tydjie by PurePlaas geniet het en die Klein Karoo gasvryheid ervaar het. Dit is ons plesier om vir gaste aangename en gerieflike verblyf te bied.
PurePlaas Groete
Johan en Sonja
Sharissa G - Apr 2023
Algehele gradering
Asemrowend verby.
PurePlaas se terugvoer
Sharissa, ons is bly as julle verwagtinge oortref is met julle verblyf by PurePlaas. Dit is altyd vir ons lekker as gaste dit hier geniet en ook die natuur en omgewing waardeer. Kom volgende keer bietjie langer en ervaar nog meer van die mooie Klein Karoo.
PurePlaas Groete
Johan en Sonja
Johnny B - Mrt 2024
Algehele gradering
Rustig en stil.
PurePlaas se terugvoer
Johnny, baie dankie vir die resensie.
Ons is bly as julle dit geniet het.
Kom gerus weer vir 'n wegbreek in die Klein Karoo.
PurePlaas groete
Johan en Sonja
Sunette F - Mrt 2023
Algehele gradering
Lekker rustig en gemaklik oornag.
PurePlaas se terugvoer
Sunette, baie dankie vir die resensie. Ons is bly dat julle die rustigheid by PurePlaas ervaar het en wens julle nog baie
"road trips" toe saam met julle kinders.
PurePlaas groete
Johan en Sonja
Juan B - Apr 2023
Algehele gradering
Ware Karoo-ervaring!
PurePlaas se terugvoer
Juan, ons het dit geniet om julle hier by ons te ontvang en dit was lekker om die mooie Klein Karoo met julle te deel.
Ons hoop met julle volgende kuier is PurePlaas Olyfprodukte in volle produksie en kan ons julle daarmee bederf.
PurePlaas groete
Johan en Sonja
Magda C - Mrt 2023
Algehele gradering
Kon nie vir beter gevra het nie.
PurePlaas se terugvoer
Magda, baie dankie vir die resensie. Ons waardeer dit en is bly as julle verblyf by PurePlaas 'n "ervaring uit die boeke" was.
PurePlaas groete
Johan en Sonja
Deon L - Aug 2023
Algehele gradering
Rustig en goed ingerig.
PurePlaas se terugvoer
Deon, baie dankie vir u resensie. Ons waardeer dit.
PurePlaas groete
Johan en Sonja
Joice K - Des 2022
Algehele gradering
Baie spesiale ervaring.
PurePlaas se terugvoer
Joice, baie dankie vir die resensie. Ons is bly as julle die Karoostilte en gasvryheid geniet het. PurePlaas groete.
Charlotte S - Des 2022
Algehele gradering
Pragtige plekkie wat skoon is en natuurskoon van area is ongelooflik mooi.
PurePlaas se terugvoer
Charlotte, dankie vir die resensie. Dit was lekker om julle hier te ontvang. Volgende keer kan julle bietjie langer bly en nog meer van die natuurskoon en mooi omgewing geniet. PurePlaas groete. Johan en Sonja
Arno D - Sep 2022
Algehele gradering
Die mees rustige plek waar jy van alles vergeet en net elke oomblik wil geniet.
Lees meerPurePlaas se terugvoer
Arno, ons is bly julle het lekker gekuier hier by PurePlaas en die Klein Karoo omgewing geniet. Dit is ons plesier om gaste se verblyf by PurePlaas aangenaam te maak. Hoop julle spekboompie groei baie mooi. Hoop ons sien julle gou weer terug om die Klein Karoo verder te ontdek.
Antoinetta B - Apr 2022
Algehele gradering
Klein Karoo vrede in oorvloed.
PurePlaas se terugvoer
Antoinetta, dit was 'n plesier om julle by PurePlaas te ontvang. Ons is bly julle het die Klein Karoo geniet.
Dankie ook vir julle spontaniteit en vriendelikheid. Kom gerus weer.
Claire S - Des 2021
Algehele gradering
Our stay at PurePlaas was simply wonderful! The house is so charming.
PurePlaas se terugvoer
Claire, we are so glad you enjoyed your stay.
Hope to see you back soon for a visit to PurePlaas and the beautiful Klein Karoo.
Bernie W - Okt 2021
Algehele gradering
We had a lovely time there.
PurePlaas se terugvoer
Remi and Bernie, we are glad you enjoyed your stay at PurePlaas. It was a pleasure to have you as guests.
PurePlaas groete
Johan en Sonja
Don W - Okt 2021
Algehele gradering
A fantastic place to stay with exceptional hosts. We will definitely go again.
PurePlaas se terugvoer
Don, it was a pleasure to host guests who appreciate the Klein Karoo and share our love for nature. Next time please stay long enough for Jeanne to give me art classes. PurePlaas Regards, Johan and Sonja.
Charl P - Sep 2021
Algehele gradering
Salig.
Lees meerPurePlaas se terugvoer
Charl, baie dankie vir die resensie. Ons is bly julle het die tydjie by ons geniet.
Julle moet weer kom kuier-ons Springbokkies is nou baie oulik en heelwat makker.
PurePlaas groete, Johan en Sonja
Andries B - Des 2020
Algehele gradering
Het al ons verwagtinge oortref!
PurePlaas se terugvoer
Andries
Dit was vir ons 'n plesier om julle hier by PurePlaas te ontvang en so lekker dat julle ook ons liefde vir die Karoo deel.
Hoop ons sien julle gou weer.
PurePlaas Groete
Johan en Sonja
Johan M - Nov 2020
Algehele gradering
Pragtige plek in ’n rustige omgewing met ’n pragtige uitsig.
PurePlaas se terugvoer
Baie dankie Johan. Kom kuier gerus weer hier by PurePlaas in Oudtshoorn. Die omgewing is pragtig en het so baie om te bied.
Lynette V - Sep 2020
Algehele gradering
Rustig en besonders.
PurePlaas se terugvoer
Baie dankie, Lynette. Julle altyd welkom by PurePlaas hier in die Klein Karoo.
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R328, Volmoed, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang