Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

PurePlaas

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gerrie J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Bakgat, rustig en salig. Baie baie lekker - die mense is gasvry. Alles wat mens benodig is daar, selfs braaihout. Was die hoogtepunt van al 7 plekke wat ons besoek het in Desember '23.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Gerrie, baie dankie vir julle resensie. Ons waardeer dit opreg. Dit Klein Karoo is altyd spesiaal om te besoek en ons is baie bly dat PurePlaas Selfsorg vir julle 'n hoogtepunt was. Voorspoed vir 2024. PurePlaas groete, Johan en Sonja.

Liza B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2023

Verwelkomend en baie gerieflik. Johan en Sonja doen soveel moeite om jou tuis te laat voel. Hulle voorsien alles wat jy nodig het en al die klein 'attention to detail' was daar soos die sherry op 'n koue wintersdag en die bordjie heerlike eetgoed. Fasiliteite was skoon en baie gemaklik en die elektriese kombers was net reg vir 'n koue aand.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Liza, baie dankie vir jou resensie. Ons is bly as julle die tydjie by PurePlaas geniet het en die Klein Karoo gasvryheid ervaar het. Dit is ons plesier om vir gaste aangename en gerieflike verblyf te bied. PurePlaas Groete Johan en Sonja

Sharissa G
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2023

Asemrowend verby. Dis regtig soveel meer as wat ons verwag het. Dis 'n pragtige plek, met pragtige mense en die natuur om ons was so mooi. Wens ons kon langer bly, maar sal verseker enige tyd die plek eerste kies om weer by oor te slaap. Julle sal spyt wees as julle nie dit self ervaar nie. ️.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Sharissa, ons is bly as julle verwagtinge oortref is met julle verblyf by PurePlaas. Dit is altyd vir ons lekker as gaste dit hier geniet en ook die natuur en omgewing waardeer. Kom volgende keer bietjie langer en ervaar nog meer van die mooie Klein Karoo. PurePlaas Groete Johan en Sonja

Johnny B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Mrt 2024

Rustig en stil. PurePlaas is werklik 'n rustige wegbreekplekkie. Ons het dit geniet en sal weer daar gaan bly.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Sonja
PurePlaas
Johnny, baie dankie vir die resensie. Ons is bly as julle dit geniet het. Kom gerus weer vir 'n wegbreek in die Klein Karoo. PurePlaas groete Johan en Sonja

Sunette F
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2023

Lekker rustig en gemaklik oornag. Baie lekker rustig, veilig en gemaklik oornag. Alles wat nodig is, goed geleë om oor te slaap vir 'n "road" trip. Mooi skoon en netjies, en werklik "pure Plaas", mens voel sommer soos 'n ander mens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Sunette, baie dankie vir die resensie. Ons is bly dat julle die rustigheid by PurePlaas ervaar het en wens julle nog baie "road trips" toe saam met julle kinders. PurePlaas groete Johan en Sonja

Juan B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2023

Ware Karoo-ervaring! Baie dankie Johan en Sonja vir 'n ware Karoo-ervaring. Die gasvryheid en liefde straal uit julle. Dankie vir al die geselsies en rondwys op die plaas. Nie eers te praat van die heerlike olywe en granate. Ons kom beslis weer kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Juan, ons het dit geniet om julle hier by ons te ontvang en dit was lekker om die mooie Klein Karoo met julle te deel. Ons hoop met julle volgende kuier is PurePlaas Olyfprodukte in volle produksie en kan ons julle daarmee bederf. PurePlaas groete Johan en Sonja

Magda C
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2023

Kon nie vir beter gevra het nie. Ervaring uit die boeke.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Magda, baie dankie vir die resensie. Ons waardeer dit en is bly as julle verblyf by PurePlaas 'n "ervaring uit die boeke" was. PurePlaas groete Johan en Sonja

Deon L
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Aug 2023

Rustig en goed ingerig. Sien sterre.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Sonja
PurePlaas
Deon, baie dankie vir u resensie. Ons waardeer dit. PurePlaas groete Johan en Sonja

Joice K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2022

Baie spesiale ervaring. Vir ons stadsjapies was PurePlaas heerlik. Die Karoostilte is wonderlik. Sonja en Johan weet hoe om mens te bederf met koffie en beskuit en 'n spekboompie om die ervaring vir altyd te koester.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Joice, baie dankie vir die resensie. Ons is bly as julle die Karoostilte en gasvryheid geniet het. PurePlaas groete.

Charlotte S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2022

Pragtige plekkie wat skoon is en natuurskoon van area is ongelooflik mooi. Die woonstel is pragtig, alles is silwerskoon en regtig oulik!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
PurePlaas
Charlotte, dankie vir die resensie. Dit was lekker om julle hier te ontvang. Volgende keer kan julle bietjie langer bly en nog meer van die natuurskoon en mooi omgewing geniet. PurePlaas groete. Johan en Sonja

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sonja Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R328, Volmoed, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4322406517e27b8555428754cedea83545d59e9d4f6db18594bdd19af4c294270193a6d8cbaab8b4394250e3764134e023c7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 19 5 1 5 Off the R328 Volmoed 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.658774839586 22.102288182881

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang