Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pyramids Motel

  • Kapasiteit: 60 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N3, Van Reenen-pas suid, Van Reenen, 3372, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Pyramids Motel is op die N3 by die Van Reenen-pas in die Sentrale Drakensberge geleë. Dit is tussen Gauteng en KwaZulu-Natal se kus, halfpad tussen Johannesburg en Durban. Dit hotel bied manjifieke uitsigte oor Natal en die majestueuse Drakensberge.

Verblyf word aangebied in 3 dubbelkamers, 16 chalets en 1 selfsorg-eenheid. Altesaam is daar slaapplek vir 60 gaste. Die dubbelkamers is elkeen ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer, WiFi, lugversorging, 'n TV met DStv en tee- en koffiemaakgeriewe.

Elke chalet is ingerig met of 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort-bad-kombinasie. Elke chalet het ook tee- en koffiemaakgeriewe en is in die tuin geleë met lieflike uitsigte.

Die selfsorg-eenheid is ontwerp in 'n Marokkaans-Egiptiese styl en het slaapplek vir 6 gaste. Die eenheid is oopplan en ingerig met 3 Bedouin-tente wat elk beskik oor 'n koninggrootte-bed. Daar is 2 aparte badkamers. Geriewe in die kamers sluit in: volledig toegeruste kombuise, 'n TV met DStv, WiFi, 'n eetarea, leefarea, 'n kaggel, en tee- en koffiemaakgeriewe.

Geriewe op die perseel sluit in: 'n braai-area, restaurant en veilige parkeerplek. Die motel is troeteldiervriendelik.

Gaste kan in die nabyheid perdry, voëlkyk, fietsry en bergfietsry.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 524 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Okkie S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker, dankie. Sien sterre.
Okt 2024
Steve G
Saam met lewensmaat
5.0
Great location and great place to stay. The staff were accommodating and always willing to assist. David was in contact with us on the ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Stephen P
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige oornag tussen Gauteng en Suidkus. Ons is vriendelik ontvang en die kamer was skoon, netjies en gemaklik. Lekker rugby gekyk in die restaurant...
Sien meer
Sep 2024
Sonja Botha B
Saam met lewensmaat
5.0
Hoogs aan te beveel. Ons het heerlik gebly. Ons is baie vriendelik ontvang en dieselfde persoon was ons kelner/kok en kroegman en het so professioneel...
Sien meer
Sep 2024
Amanda V
Saam met vriende
5.0
Puik vriendelike diens. Ons het een aand oorgeslaap op pad kus toe en het gelukkig vooraf uitgevind dat die kombuis 8 uur saans sluit. Die bestuurder ...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Peggy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 524

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • N3, Van Reenen-pas suid, Van Reenen, 3372, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Pyramids Motel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 60 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N3, Van Reenen-pas suid, Van Reenen, 3372, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM1OTFhMDQzLWVmNTMtNGMxOS04MjMyLTcxMDVhM2FlM2RlYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 524 5 1 5 N3 van Reenen Pass South van Reenen 3372 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -28.422980115596 29.423115239419

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang