Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Quarter Deck 17

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Elzabeth L
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2023

Dit het ons hoogste verwagtinge oortref. Geen woorde kan die uitsig beskryf nie. Dit is fantasties verby. Ons kon vir tye net op die stoep sit en die wonderlike uitsig bewonder.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charmaine W
Lang verblyf Gesin met tieners
4.8
Jan 2024

Beautiful location, comfortable and well-equipped home. Our stay at Quarter Deck 17 was fantastic. We were very happy there for 2 weeks. One small suggestion - neither of the showers had soap dishes or a shower caddy, so it was difficult to shower with nowhere to put the soap but on the floor of the shower.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Kay
Quarter Deck 17
Thank you for your kind review, Charmaine. It was a pleasure to host you and your family. I will look into installing soap holders in the showers as per your valued comment.

Berdine S
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Apr 2024

Comfortable stay in great location. See stars.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lammie Ferreira F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Sep 2024

Was ok. Baie netjiese plekkie. Alles was skoon. Pragtige uitsig. Al neg is as jy op die stoep sit of braai kan jy nie jou buurman/vrou miskyk nie. Beddens bietjie aan die kant. Spaarkamer stink na sigaretrook. Maar oor die algemeen lekker gebly.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Shane V
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2022

Baie lekker, baie rustig. Baie lekker gewees, maklik om te kry en diens was baie goed.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tiaan V
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jan 2022

Baie lekker plek vir 'n naweek weg saam vriende. Die ligging is perfek met restaurante, 'n paar winkeltjies en 'n klein strand stapafstand van die woonstel af. Die eenheid is goed toegerus met als wat jy nodig het. Die badkamers is so bietjie klein, maar dis perfek vir 'n naweek wegbreek. Die enigste negatiewe, die plek lys 'n braaiplek, maar dis eintlik net 'n klein Weber wat se bodem al beter dae gesien het. Maar ek sal beslis weer van die woonstel gebruik maak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Kay
Quarter Deck 17
Thank you for your valuable comments, we have taken note and already replaced the braai.

Juanita N
Kort verblyf Gesin met tieners
2.6
Jul 2022

Teleurstellend. Met die intrapslag het die woonstel 'n onaangename reuk gehad. Jy kon duidelik sien die plek is net op die oog af netjies en skoon gemaak. Die stort was vol bruin moddervoetmerke, sykouse het op die stoeptafel gelê, in die wasmasjien het 'n paar sokkies gelê, onder die 1 bed het 2 slaapkopdoeke gelê, daar was merke op die beddegoed en onder die etenstafel was dit vol krummels. Die plek is ook duidelik deurgeleef, die matte is vuil, die stoele waarop jy sit se rugleuning gee mee, die stoelbekleedsels is vuil, die kleinkussinkies is nog nooit gewas nie en kort 'n dringende vervanging. Die woonstel kan 'n aangename plekkie wees as die eienaars dit vernuwe en opgradeer en, baie belangrik, kyk dat die skoonmakers ordentlik skoonmaak.

Netheid
1.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0

Maria M
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Aug 2021

Ons het baie lekker gebly, die eenheid is skoon en netjies met 'n mooi uitsig oor die hawe met goeie restaurante, stapafstand. Die enigste swakheid was die beddens wat vreeslik raas en kraak, stel voor al die bassise word vervang.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Tersia W
Kort verblyf
4.4
Mrt 2021

Alles wat nodig is, het net skottelgoed seep en toiletpapier gekort. Baie mooi uitsig oor die hawe. Ons was toegelaat om vroeër in en uit te klok.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Charl T
Kort verblyf Gesin met tieners
3.8
Apr 2021

Verblyf oor algemeen lekker. Maar braai is stukkend en matrasse op beddens is oud en gedaan! Eenheid kort oor algemeen opgradering veral in badkamers.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Kay Geverifieer

Eiendomme 18

Resensies 81

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 2 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Triton-laan, Port St. Francis, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAipFvy2XIqKcsNo8v0NjDOC9LCs58NcjVyBXlHxXyILNChoOtOy?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 Triton Avenue Port St Francis 6312 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.185204604472 24.851649196209

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang