Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Qwantani

Op die Nippertjie-aanbod 20% af

Kry 20% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Craigielea Plaas 598, Sterkfonteindam, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Vanaf R3 640 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Qwantani is aan die oewer van die Sterkfonteindam geleë, ongeveer 43 km van Harrismith af.

Die verblyf word aangebied in 53 luukse selfsorg-chalets met slaapplek vir 6 en al die nodige geriewe met ongelooflike uitsigte op die dam. Geriewe sluit 2 badkamers, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kaggel, privaat-braai en 'n goed toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond en 'n oond in. Die chalets word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Qwantani is een van min oorde in Suid-Afrika wat troeteldiervriendelik is. Bo en behalwe die asemrowende omgewing, bied hierdie oord 'n groot verskeidenheid geriewe op die perseel, soos 'n biblioteek, buitelug-skaak, 'n swembad, muurbal, tennis, mini-gholf, perdry en 'n hele rits watersportsoorte. Indien die weer dit toelaat kan daaglikse bootritte op die trekskuit, Emmi, gereël word en daar is deurlopend vermaak-programme vir die jongspan.

Gaste kan hulself verlustig in die kos wat by die Martial Eagle Restaurant voorgesit word, hulle bied daagliks à la carte en vaste spyskaarte. Daar is ook 'n puik konferensie- en trou-venue beskikbaar.

Omdat Qwantani op die oewer van die Sterkfonteindam, binne-in die Natuurreservaat, geleë is, is daar oorgenoeg geleentheid om hierdie asemrowende streek te verken.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Spa
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
3.9
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.2
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Ashendri R
Gesin met klein kinders
5.0
Breathtakingly peaceful. It was absolutely perfect.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Danya G
5.0
Perfect. Everything was perfect and beyond expectations.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Elmie B
Saam met vriende
5.0
Die kuier was heerlik en die blyplek was mooi skoon. Ja, vreeslik baie lekker gekuier.
Jan 2024
Duncan S
Gesin met klein kinders
4.8
The resort and accommodation is neat and tidy, the stay was great. The only downfall for us was the gravel road that was not very well ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023
Paulus J
Saam met lewensmaat
4.6
Fantasties. Sakpas. Die eenheid was netjies en die natuurskoon asemrowend. Die diens by die restaurant was puik. Die 'snacks' in die kombuis was heerl...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

First
Reservations ...

Eiendomme 27

Resensies 794

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Craigielea Plaas 598, Sterkfonteindam, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Gaste dink Qwantani het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Drakensberge Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 3 640
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 3 640
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Craigielea Plaas 598, Sterkfonteindam, Harrismith, 9880, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAxZmI1ZWY4LTkzZDUtNGE1Ni1iY2VmLWE5Njg4MGUwOWNmZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 640 per nag (plek vir 6) 36 5 1 5 598 Craigielea Farm Sterkfontein Dam 9880 Vrystaat 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -28.490423908932 29.005915224552

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang