Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Raapfontein Self-catering and Camp

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Raapfontein Plaas, Langs die R389, Hanover, 7005, Noord-Kaap
  • Vanaf R400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Raapfontein Self-catering and Camp is op 'n plaas net 17 km vanaf Hanover geleë en bied verblyf met lieflike uitsigte oor die Karoo.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die slaapkamer op die grondverdieping het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die slaapkamer op die boonste verdieping het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, en 'n aparte toilet op die tweede verdieping.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n yskas, tweeplaatstoof, oond en 'n mikrogolfoond toegerus is. Daar is ook 'n eetarea en 'n sitarea, onderdakbraaigeriewe en onderdakparkeerplek.

Raapfontein-kampeerplek is groot genoeg om 4 groepe van 4 kampeerders per staanplek te akkommodeer. Gaste kan onder die groot bome kom kamp opslaan en saans die sterre langs die kampvuur bewonder.

Die ablusiegeriewe het 2 storte, 2 aparte toilette en 'n oop wasbak-area. Daar is 'n opwasarea met 'n uitsig oor die Karoo-vlaktes. 'n Gasgeiser voorsien warm water en daar is Eskom-elektrisiteit.

Saffier is 'n selfsorgkaravaan met 'n privaat stoep, opwasarea en 'n braai. Die karavaan het 'n tweeplaat-gasstoof en 'n gas-yskas.

Daar is 2 dubbelbeddens en die karavaan bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders, of 3 volwassenes .

Gaste deel die ablusiegeriewe met die kampeerplek. Indien privaat ablusiegeriewe verkies word, kan dit, onderhewig aan beskikbaarheid, vooraf teen 'n ekstra koste gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Hendry V
Gesin met klein kinders
5.0
Vriendelik en so skoon en rustig. Baie skoon en netjies. Die gasvryheid was uitstekend. Die brood, garlic broodjies en beet slaai was van die boonste ...
Sien meer
Jan 2024
Adel J
Gesin met klein kinders
5.0
Do yourself ń guns en book ń aand of vele by Raapfontein. Was heerlik! Egte Karoo!
Des 2023
Johan K
Gesin met klein kinders
5.0
Beste beste beste. Een van die beste klein plekkies wat ek ons ooit by gebly het vir ons halfpadreis tussen Kaapstad en Johannesburg.
Des 2023
Nancy L
Gesin met klein kinders
5.0
Besonders netjies met vars gebakte plaasbrood. Heerlike oornagplekkie. Gasvryheid straal in die netjiese verblyf uit. Die besonderse natuurskoon is ie...
Sien meer
Des 2023
Verona B
Gesin met klein kinders
5.0
Tranquil, amazing and awesome customer service. The stay was amazing. Linmarie is very friendly and the service was awesome. Freshly ba...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Linmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Raapfontein Plaas, Langs die R389, Hanover, 7005, Noord-Kaap
  • Gaste dink Raapfontein Self-catering and Camp het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Hanover Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 31 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Raapfontein Plaas, Langs die R389, Hanover, 7005, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd8604abadc21bd8910a1180472e2b621e21ebabac35ea806b0e895c142eb7940ee232e51f1097ffb73a10cb003764c648214?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R400 per nag, vir 2 mense 28 5 1 5 Farm Raapfontein Off the R389 7005 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.9535236 24.5199515

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang